"My beste pêl" deur Marcelle Britz

  • 0

My beste pêl

Jy is ? gevoel in my hare
? Gevoel in my kop
Bruis in my bloed en my are
Sit my hart op galop
Jy is in been en tandsteen
? Deel van my vel
Jy is my beste pêl

Jy is in die soom van my broek
Ingebrei in my trui
Saam met die veters in my skoene geryg
Met my hemp en my das
is jy gepak in my tas
Ek dra jou soos ? tweede vel

En al voel ek gebuig en gebars
Verslenterd geknars
Opgebreek in skerwe, in rowe en nerwe
My neurone raas
Al my fuses geblaas

Net jy weet hoe ek voel, wat ek bedoel
as ek iets sê wat ek wil hê
Hoekom ek huil, hoekom ek lag
Wat gee my krag vir elke dag
Waarin ek glo, waarna ek streef
Soos wat ek reg probeer leef
Want dis net jy
Jy is my beste pêl

Jy is in die sool van my skoen
In wat ek dink en ek doen
Met klip en gruis ingebou in my huis
Jy is yster en plaat
My beste maat
Jy is my beste pêl

Jy is in kraakbeen en haar
Sening en snaar
Werwel en limf
my droom-nimf
In milt en nier
In kop en klier
Jy is my beste pêl

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top