Ongemaklik
Weer en weer
Ek skuif net rond
En probeer dit keer
Wag jy ook nes ek
Vir goeie dinge
Op die verkeerde plek
Deur stofpadklippe
En 'n teerpadbult
Van hier tot daar
Na 'n verlore punt
Met karakterlose verhale
Moordpoging deur sindikate
Daar is geen meer vryewals
In ons liglose strate
Sit jy ook nes ek
Op die rant van ons geveg
Wapenloos maar vreesloos
Hierdie soldaat is eg

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

