My ’ALL GAY’-vakansie

  • 0

Wel. My vakansie het gekom en te vinnig gegaan, nou in die nuwe jaar, met die vooruitsigte van nog opwindende gebeure in die toekoms.

7 tot 15 Des 12

My lewensmaat Wim moes steeds werk, en ek het saam met vyf gay Vrystaatse plaasboer-kliënte-vriende, diep in die Lesotho-berge in die Ha Mafotho-distrik in ‘n afgesonderde hut deurgebring, merendeels kaalgat binne en om die hut. Die landskap was asemrowend. Twee van hulle (bure van mekaar) is getroud met vrou en kinders elk, een verloof (vir die soveelste keer), en die ander twee in ‘n verhouding met mekaar. Ons het gehuurde Basoetoeponies gery, die berge ingevaar en km gestap, gebraai, gesuip, probeer visvang (sonder sukses), en natuurlik almal mekaar se lywe ook goed benut.

15 tot 26 Des 12

Saam met Wim en vier van sy vriende (twee paartjies in jarelange verhouding met mekaar), per klein vliegtuigie vanaf Lanseria-lughawe na Barra Lodge in die Inhambane-distrik van Mosambiek. Pragtige vakansieoord. Ons almal het in een riet-‘bungalow’, elke paar in sy eie kamer, gedurende die tydperk gebly. In die warm see geswem en baljaar, driewiel-duinebesies gery, in die varswater--“lagoon” net agter die oord; met suurstoftenks en “goggles” op die bodem van die “lagoon” rondgeloop en geswem. Wim wat sy diepsee-duik-lisensie het, is saam met van sy vriende in ‘n “rubber duck”-boot die see in na ‘n bekende seerif om daar te duik. Ek moes myself gedurende hierdie vakansie gedra, want die twee paartjies wat saam met ons was, was “streng” getrou aan mekaar (alhoewel dit my nie gekeer het om een van hulle met my oë te verlustig, en het agtergekom, die het my ook kort-kort skelm onderlangs beloer, moontlikhede vir die toekoms agter sy maat se rug).

Ek en Wim het ‘n gelukkige oop verhouding, en het nie nodig om agter mekaar se rug enigiets skelm aan te vang nie.

28 Des tot 5 Jan 13

Ek en Wim alleen saam die keer, per vliegtuig na die Gran Canaria-eiland (Spanje). Lieflike warm weer die hele jaar deur. In die gay-bungalows Nayra gebly in die Yumba-omgewing deur gays internasionaal besoek, veral van die koue Noord-Europese lande. Die see is vlak, die water verdraagsaam koel. Ons het gevoel ons is ‘n nasie op ons eie (amper net gays). Op die La Charka Lagoon kano’s gery en op die Maspalamas-sandduine met kameelperde.

Die Maspalamas en Andorus-strande was volgepak. Jy het letterlik amper oor die merendeels kaal lywe geval om by die water uit te kom. Van die pragtigste mans wat ek ooit in my lewe gesien het was soos die wat na langhaar blonde, koper-bruin-gebrande Vikings gelyk het. Die blonde hare nie geelblond nie, maar grysblond met skerp deurdringende safier-blou oë. Die hoë sandduine het my aan die Namib-woestyn laat dink. Hulle strek ‘n hele klompie kilometers van die see binneland in, met struike hier en daar te sien. ‘n Paar honderd tree die duine in, kom jy op ouens af, besig om hulle ding in die volle openbaar te doen. Selfs ek was heerlik geskok gewees, en toe so ‘n paar dae later, die kultuur self beleef. Gelukkig vir my, hou hierdie Nordiese gode hoofsaaklik van donkerkop mans en veral van die Marokkaanse toeriste. Ek met my SA vakansie-donkerbruin “tan” het gekwalifiseer. Ek was beslis nie onpopulêr onder hulle nie. My blonde Wim moes met watermond net toekyk, aangesien hulle nie juis in hom belanggestel het nie weens sy ligte hare en vel. Die praggeboude Marokkaanse toeriste, ligbruin mans met gitswart besonderse sagte hare, groot donker oë, sagte lippe en te opsigtelike bedelings, het in hom belanggestel, en hy op sy beurt, glad nie in hulle nie (die rassis sal ek nooit van hom uitkry nie, tog kan ek nie verstaan dat hy van Thai mans hou wat my hoegenaamd nie geval nie). Ek het vir sy tekorte ingestaan. Die plaaslike Spaanse ‘rent boys – gay for pay’ was niks om oor huis toe te skrywe, vergeleke met die gratis toeriste nie.

Ek kan die straights wat hier lees, vir hulle die Kanariese eiland as vakansiebestemming sterk aanbeveel, want behalwe vir die Yumba-omgewing wat hoofsaaklik gay is, is die res van die eiland vir straight toeriste ingerig met baie meer ander strande tot hulle beskikking asook tema-plesierparke vir kinders.

Was dit nie vir Wim nie, sou ek beslis nie hierdie vakansie alleen kon bekostig het nie. Ek kon net toekyk hoe hy tienduisende rande daarop gespandeer het. Ek verwonder baiemaal hoekom hy my nie lankal in die pad gesteek het nie, ek ‘n man tien jare sy senior. Hy het reeds die kaartjies vir die Karibiese Eilande, die Atlantis All Gay Cruise op die luukse skip Independence wat vanuit Fort Lauderdale, VSA, vertrek, met oor die 4000 passasiers, 3 tot 10 Feb 13 vir ons gekoop. Ek moet onbetaalde verlof neem om saam met hom te kan gaan, want ek wil dit nie vir die wêreld misloop nie, selfs bereid om my werk daarvoor te bedank. My teësinnige werkgewer het uiteindelik met armdraai en gesoebat ingestem (gelukkig vir my).

Ek sal later, wanneer ek meer rustig voel, die Sê se briewe inhaal wat ek nog nie gelees het nie, en waar nodig, daarop kommentaar lewer.

Jaco Fourie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top