Multiversum: is Westerse wiskunde waar?

  • 0

Beste Wouter,

 
As 'n '69 model, en sien ook uit na die volgende peperduur eksperiment-masjien, maar die Weste kan dit nie bekosting oor die volgende vyftig jaar nie.
 
Planck-satelliet se data word gedurende 2012 gepubliseer, en as ons heelal steeds so plat soos 'n pannekoek lyk, gaan mense ten minste begin glo in Max Tegmark se Tipe I Multiversum, bedoelende ons heelal is oneindig, en op sy eie al 'n multiversum waar alle moontlikhede werklikheid word, net soos in 'n kwantum-heelal, oftewel multiversum.
 
Dis die probleem van Westerse infinitesimale, die calculus-analise wat Schrodinger gebruik het vir sy golffunksie: selfs al neig die limiet na nul en nie oneindig nie, eindig die getalle by oneindig, vandaar die benaming infinitesimale.
 
Shrodinger self het aan die waardes van sy golffunksie 'n fisiese bestaan probeer gee, maar aanvanklik nie van heelalle durf praat nie. Terselfdertyd het 'n klompie Kopenhaagse kansvatters, die waardes eenvoudig gekwadreer en religieus ge-interpreteer, vandaar die waarskynlikhede, 'n kunsmatige manipulasie van die Westerse wiskunde om die golffunksie ineen te laat stort na net een waarde. Goedkoop, maar 'n skande.
 
Hugh Everett het egter Westers-wiskundig bewys dat die Kopenhaagse kansvatters subjektief was. Everett se somme is op die internet in hierdie heelal beskikbaar. David Deutch het Everett se werk verder gevat, en vandag werk alle wereldmoondhede aan kwantum-kompers weens die politieke potensiaal daarvan.
 
Uit een van jou vorige skrywes en BBC-program: "Possible solutions range from the existence of multiple realities to the rather more mundane possibility of an error in our mathematics..."
 
Die akkurate waarheid is: Daar bestaan slegs twee oplossings – die bestaan van veelvoudige realiteite, of die Westerse wiskunde is verkeerd.
 
Daar is nie genoeg geld op aarde, of groot genoeg eksperiment-masjiene, om die Westerse wiskunde as onwaar te wys nie.
 
Daarom kom die multiversum binnekort deterministies na 'n heelal naby jou.
 
Terloops, in Brian Cox se The Quantum Universe: Everthing that can happen, does happen, word nie net metafore en analogie gebruik nie, maar ook Westerse wiskunde.
 
Groete van heelal tot heelal

Ran Doodt

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top