Moordenaars lewe vir ewig
My diepste gedagtes is eintlik te vlak
Die gevoel kry al die dank
Is dit werklik nodig om almal wie jy liefhet te stenig?
REFREIN:
Dis ons klug
Om te lewe van die vrug
Om te weet van goed en kwaad
Dis ? klug, dis ? klug
Net ? klug
In winde sal ons staan
Die reën sal vergaan
Moordenaars sal vir ewig leef
Van korrupsie word ons ryk
terwyl ons met ? ysterhand regeer
? Lewe van eer is al waarna ons streef
REFREIN
Berge sal verkrummel
Wolke sal breek
Die aarde sal kraak
Maar die see sal water uitbraak
? Stormvloed kom
? Stormvloed kom
Om die aarde te verwoed
REFREIN
Tieners bly glo
In die waarhede van bo
Maar dis gravitasie
Wat ons almal laat in die konstellasie
Dit was net ? klug
Beloftes gebreek in ? oogwink
REFREIN


