Deur en met Lizz Meiring

2-4 Mei om 20:30
Kaartjies: R110-00
Besprekings: 021 979 1911 of 083 406 0111
Regie, stelontwerp: Gert van Niekerk
Beligtingsontwerp en tegniese regie : James Mayer - Explanate
Kostuums: Thomas Thomson Couture
Klank: Coenraad Rall
Visuele en plakkaat ontwerp: Dewet Meyer JDM unlimited.
Om haar 30 jaar in die vermaaklikheidsbedryf te vier , is Lizz Meiring weer op die planke met 'n splinternuwe solostuk- Mona Lisa.
Hierdie stuk, uit Lizz se pen , staan onder die leiding van bekende akteur en regisseur Gert van Niekerk, wat onder andere verantwoordelik is vir die regie van die toptreffer "Voor ek vergeet."
Daar is nog nooit 'n toneelstuk oor Da Vinci se meesterwerk, ook vereer as die beroemdste kunswerk ooit, gedoen nie.
Hierdie tragi- komedie vertel die verhaal van twee tydperke- die moderne en die Renaissance.
In die verrassende storie word die soeke na die onverklaarbare, die moontlikheid van reinkarnasie en ook ons almal se behoefte aan erkenning, met humor, patos en fyn ironie, verbeeld.
As jy gedink het jy ken die Mona Lisa... Dink weer.
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

