Geskryf vir: Straatligkinders
Vers 1:
Ek het 'n vreemde, skokkende droom gehad
Dat ek die een is, wat jou moet vry
Vry van alles wat jou vasdruk
Jy dink jy het misluk
Ironies genoeg is dit, ’n bittere pil om te sluk
Jy het alles, maar dit maak jou mal
Mal genoeg dat jy wil opgee
Jy dink jy't alleen seer
Refrein:
Jou skaduwee treur saam jou
Kyk na alles om jou
Jy kan skree, tog baklei
Staan sterk, wen die stryd
Jy is iemand se heldin
Dit is hoekom ek vir jou sing, vir jou sing
Vers 2:
Ek het ’n menslike, verstand daarop
Dat alles nie, so eenvoudig kan wees nie
Nie dat dit moet wees nie
Die lewe is soms duur
"Antoniem" bly jy vier, maar 'n donker verhaal aangluur
Jy moet lewe, maar dit maak jou seer
Seer dat jy te moeg raak
Jou lewe maak tog saak
Refrein:
Jou skaduwee treur saam jou
Kyk na alles om jou
Jy kan skree, tog baklei
Staan sterk, wen die stryd
Jy is iemand se heldin
Dit is hoekom ek vir jou sing, vir jou sing
Brug:
Sing saam my
En maak jou vry
Leer tog leef
En om te sweef
Jy moet sing
Jy's 'n heldin
My heldin

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

