Hehe Jan!
Geweet jy gaan skryf. My uitdaging was te sterk om te weerstaan waar ek geskryf het: “Miskien verklaar dit ook die doodse stilswye van die Praag kliek hier op SêNet. Te skaam vir hulle profeet se ‘blundering statements’.” Die ou “Judge” is deur my platgeslaan en durf my verder nie aanvat nie, en indien jy nie Anton Barnard is nie, is daar opvallend baie in jou skryf en redenasie styl nou verwant aan syne.
Kom ons analiseer jou laaste brief aan my.
1. Nêrens in jou brief het jy selfs een punt of stelling wat ek gemaak het, teëgestaan nie. Dit impliseer jy kan nie, wetend ek het feitlik geskryf. Dis mos moeilik om teen feite te redeneer nè.
2. Weens ’n bankrotskap aan eie feite, maak jy veralgemenings. In vorige briewe ’n vraag stel, en onmiddelik ’n verskanste antwoord daarop gee. Die keer het jy verskanste antwoorde gegee op vrae wat jy nie gevra het nie, welke vrae wel afgelei kon word, bv: “Of is dit juis omdat a) hierbo geld wat jou so kwaad maak? Dat Dan Roodt bietjie na aan die been sny en dit lê bloot dat i) sekere Afrikaners met slap pap onder ’n wip gevang is, ii) dat daar wel Afrikaners is wat breingespoel is ... (verder in hierdie trant) ... ens.”
3. Dan om die aandag van Rooi Daantjie se onverdedigbare gebrabbel af te weer (smoke screen tactics), skryf jy: “Elke politieke party in die land behoort slegs verklarings in Engels uit te reik en in Engels met die publiek te kommunikeer. Soos die ANC byvoorbeeld. Of die DA. Of Cope. Ek hoor graag wat jy daaroor te sê het”.
Die onderwerp is Rooi Daantjie. Kom ons bly by hom. Jy het nog steeds nie my vraag beantwoord toe Rooi Daantjie AfriForum af gekraak het en ek jou gevra het “wat het Rooi Daantjie enigiets vir die Afrikaner ooit gedoen, wat AfriForum nie beter gedoen het nie.
Ek hoor graag wat jy daaroor te sê het.
Jaco Fourie

