Moeg geploeg
Vergadering op vergadering
E-pos na e-pos
Oproep na oproep
Die verkeer is alweer druk
Die ou in die taxi wat sy toeter pluk
Maak my mal!
Hy probeer sê: Welkom in die stad, dis al.
Koor
Ek’s moeg vir die werk,
Ek’s siek vir die stad
Ek dink dis tyd dat ons weer die langpad vat
Ver hiervandaan, waar die beeste wei
Iewers waar ons net kan lekkerkry.
Vergadering op vergadering
E-pos na e-pos
Oproep na oproep
Die verkoopsman op die straat maak ‘n oorlas van homself,
Die bedelaar wil hê ek moet diep in my sakke delf
Die robot op Jan Smuts werk alweer nie,
Ek weet nie hoe gaan ek my humeur beheer nie
Koor
Ek’s moeg vir die werk,
Ek’s siek vir die stad
Ek dink dis tyd dat ons weer die langpad vat
Ver hiervandaan, waar die beeste wei
Iewers waar ons net kan lekkerkry.
Van 8 tot 5
Kliënt tot kliënt
Probleem op probleem
Probeer ons maar ons paadjie oop te veg
Om te veg, ja te veg vir oorlewing.
Koor
Ek’s moeg vir die werk,
Ek’s siek vir die stad
Ek dink dis tyd dat ons weer die langpad vat
Ver hiervandaan, waar die beeste wei
Iewers waar ons net kan lekkerkry.
![]() |



