Beste Tant Alie
Dankie vir jou besorgdheid oor my. Dit is werklik onnodig. My Amanzimtoti-verhaal is waar, maar indien jy dit als fiksie wil afmaak, het ek geen beswaar nie.
Hier in Vanderbijlpark is daar ’n ou vroutjie wat ’n koffiekroeg besit wat ek jare lank dan en wan ondersteun. Die jong klomp wat gereeld daar kom noem haar tannie “Gawie” (nie haar regte naam nie), juis omrede sy altyd so gaaf en besorg is oor hulle doen en late, oor hulle liefdeslewe en liefdesweë wat hulle met haar deel.
Jy blyk soortgelyk te wees.
Wees gegroet
Jaco Fourie

