Moedeloos
Die skromer verlange in duister se gawes
ons lewe op onbeskryfbare bates
wat egte emosies vir ons behou
waar lopende trane gedagtes ontvou
Partykeer soek ons 'n bietjie geloof
om donker gestaltes uit te verdoof
Waarheen gaan ek loop
as almal verdwaal is?
Na wie gaan ek gaan
as dit te lyk of dit laat is?
Moedeloos, harteloos, altyd verdruk
die wêreld gaan aan sy emosies verstik
Wat ons gehad het was spesiaal
soos ? storie vertel in ? sprokiesverhaal
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


