Misplaaste belangrikheid

  • 0

Ek het Jaco se brief oor die gay-sensus verskriklik amusant gevind. Dit is vir my snaaks dat hy gaywees nog as ’n onderwerp van bespreking wil sien. As ek gay was sou ek hom gebliksem het. Gaywees is nie ’n sonde nie, vriendin, moet dus tog nie ’n issue daarvan maak nie. Ek dwing nie my straight status quo op jou af nie en ek stel ook nie belang om dit van die geboue se dakke af te verkondig nie. Waarom sou die gay persoon dit dan wil doen? Hou dus jou gepoleerde naeltjies in. Ek sien jy vertel graag dat die meeste straight mans inherent gay is. Maar my! Who cares? As hulle soms van jou wil gebruik maak, is dit mos jou eie keuse. Moet net nie die volgende dag huil omdat jy misbruik voel nie. Hehe! ’n Gratis skinkbord was nog nooit te versmaai nie. Of hoe, Randy Andy?

 

Mooi bly

Maya 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top