Mikro, Sangiro, FA Venter, PJ Schoeman

  • 4

Mikro, Sangiro, FA Venter, PJ Schoeman? Almal gebore in 'n bepaalde era voor en na die ABO. Hul skryfstyl maak vir lekker lees. 

Tye het verander en so ook onderwerpe van Afrikaanse boeke! 
 
Herlees van ou gunstelinge, is lekker.
 
Hans Richardt 
  • 4

Kommentaar

  • Dan sleep ek maar my gunstelinge van der jare toet nader. Karl Kielblock en Speurdersersant Lindenhof - " Mooier as die blomme" oa en dan die Swartluiperd-reeks. Ek het dit nagte en naweke om verslind en nie opgehou tot die einde nie.

  • Hans Richardt

    Raed-na-gael, jy weet seker dat FA Venter die Swartluiperd-stories onder 1 van sy vele skuilname geskryf het?

  • Hans Richardt

    Raed-na-gael, as mens in verlate wêreld rondom Vanwyksvlei op afgeleë plaas bly, moet jou verbeelding seker op hol gaan. FA Venter het onder 2 vroue skuilname ook liefdesverhale geskryf.
    Wat ek probeer uitwys, is dat die ouer geslag wit Afrikaners storievertellers was, iets wat deesdae by "skryfskole" volgens 'n model aangeleer moet word. Waar die ouer geslagte skrywers oor mense, hulself en diere geskryf het, hul ervaringsveld, dis hedendaagse skrywers byna onverstaanbare goed op oor hul psige of ander se psige. Die skryfmodel, karakters en resep, bly dieselfde vir opvolg boeke. Blatant vervelig!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top