Mies Julie boender waaghalsig die onbekende spasie in

  • 0

Regisseur: Yael Farber
Spelers: Hilda Cronje, Bonglie Mantsai en Thoko Ntshinga

“Nothing has changed. Welcome to Mzanzi, where miracles left us just where we began.”

Mies Julie boender waaghalsig die onbekende spasie in waarin Suid-Afrikaners hul tans bevind. ’n Eienaardige ruimte waar nie een, wit of swart, noodwendig kan seker wees van sy/haar plek nie. Dit getuig van jong lewens wat smeek om verandering in ’n soeke na identiteit in die sogenaamde Nuwe Suid-Afrika.

Dié fyngeskepte teks is geplaas op ’n plaas in die Karoo en spreek sake soos die ongerepte grys tussen wit en swart en onderdrukte seksuele behoeftes aan in ’n ondersoek na die verhouding tussen die plaaseienaar se dogter en ’n jong werker saam met wie sy grootgeword het sorg vir magiese musikale begeleiding.

Ongelukkig staan die spel nie te alle tye sy skoene vol in vergelyking met die ander elemente van die stuk nie. Die akteurs se stemwerk stel teleur. Dit het ook gevoel asof die akteurs eers moes opwarm in hul spel voordat hul uiteindelik op dreef gekom het. Tesame hiermee implementeer Yael Farber, die regisseur, ’n soort dansagtige bewegingstyl. Alhoewel dit aan die stuk ’n interessante addisionele laag bied, voel die aanbieding daarvan eerder “wil-wil” en kom dit dus dikwels aangeplak en onnatuurlik voor.

Ten spyte van hierdie teleurstellings is die teks en die werk noemenswaardig en dra dit ’n baie belangrike boodskap vir alle Suid-Afrikaners om mee om te gaan. As geheel laat die ervaring van die werk jou egter gesteurd, met baie ruimte vir nadenking.

Mies Julie was tot 4 Junie by die Nasionale Kunstefees te sien en speel volgende by die Baxter-teater in Kaapstad.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top