Vir jare reeds voer vitterige, onbillike, kleinlike en onbevoegde kritikusse onder name soos Kobus de Klerk, Wouter Ferns en Chris Dippenaar, hul intellektualisme op die werf. Een van vele sulke onderwerpe waarin hierdie fundamentaliste (gelowig en ongelowig) hulself verhef, is midrash.
Die Protestante dogma sola scriptura, word lank reeds in onkunde omtrent die gebruik van midrash in die Bybel deur sogenaamd ware gelowiges en ware ongelowiges, tot uiterstes gevoer.
Menige Protestant verafgod daarom die Bybel, as Jesus Christus (die Woord)!
Katolieke leer egter reeds vroeg in hul katkisasie omtrent midrash in die Bybel en die sinkretiese uitdra van die Evangelie. 'n Onderlegde student in midrash sal ooreenstemming in die Evangelie met mites soos Horus en Iesus, en ondersoek na 'n historiese en mitologiese Jesus, maklik begryp.
Die Catholic Encyclopedia, beskryf die belangrikheid van midrash en die leer daarvan, as volg:
At first sight, one might think that such farrago as the Midrashic literature could be of interest and value only to a Jew as Jew, inasmuch as the Midrashim are thoroughly steeped in the spirit of Judaism, bear distinct witness to the laws customs, doctrines, aspirations of the Jewish race, and record the noblest ideas, sayings, and teachings of the Jewish sages in early times. The more, however, he examines the contents of these ancient expository works, the more he discovers that they are an invaluable source of information to the Christian apologist, the Biblical student, and the general scholar as well. In this body of ancient literature there is much in the line of ideas, expressions, reasonings, and descriptions, which can be used to illustrate and confirm the inspired records of Christianity and the traditional teachings of the Church, notably concerning the passages of the Old Testament to be regarded as Messianic. The Biblical student will at times notice in the oldest parts of the Midrashim, Scriptural readings anterior to those embodied in the Massoretic text. Again, "when it is borne in mind that the annotators and Punctuators of the Hebrew text, and the translators of the [most] ancient versions, were Jews impregnated with the theological opinions of the nation, and prosecuted their Biblical labours in harmony with these opinions. . . .the importance of the Halachic and Hagadic exegesis to the criticism of the Hebrew text, and to a right understanding of the Greek, Chaldee, Syriac, and other versions, can hardly be overrated." (Ginsburg, in Kitto's "Cyclop. Of Biblical Liter.", III, 173). Lastly the Philologist, the historian, the philosopher, the jurist, and the statesman, will easily find in the Midrashim remarks and discussions which have a direct bearing on their respective branches of study.
Tog het Wouter Ferns, homself reeds by vele geleentheid en tot direkte teenstelling met dit hierbo, as volg uitgespreek:
Ten spyte van die verskeidenheid van skakels wat deur Henn ingesluit word in bogenoemde brief is dit duidelik dat Henn nie die inligting ter harte geneem maar nog steeds met die mite in sy hart aankarring. Die konsep van midrash het geen traksie in die Rooms-Katolieke Kerk en per definisie dan die Protestante kerke ook nie. Die katolieke kerk is ’n ander saak en die verskynsel daarvan is volkome Henn se skepping. (sic)
Ja, dis duidelik met alle fundamentaliste (gelowig en ongelowig) 'n geval van: “A MAN WITH A CONVICTION is a hard man to change. Tell him you disagree and he turns away. Show him facts or figures and he questions your sources. Appeal to logic and he fails to see your point.” -Leon Festinger.
Geen verslag van Jesus Christus se lewe op aarde is doelbewus bygehou nie. Selfs lank na Sy Hemelvaart, is die nodigheid daarvan ook nie eens geag nie. ’n Leeftyd of wat later is die mitiese verhaling daarvan uiteindelik deur verskillende skrywers vir die eerste keer deur midrash te gebruik, in skrif vasgelê.
Meeste van die midrash in die Nuwe Testament vervat, is doelbewus uit die profesie in die Ou Testament verhaal. Dis in ’n bepaalde Gees gebore met begrip dat dié Jesus wat is deur die Jode gekruisig is, inderdaad die beloofde Messias is.
Menige ontnugterde Protestant word jeens hul fundamentele beskouinge en leringe soos sola scriptura, uiteindelik deur 'n algehele gebrek aan kennis omtrent midrash en die sinkretiese bediening van die Evangelie op loop geneem met feite soos byvoorbeeld in Robert Price se werk The Christ Myth Theory and its Problems, vervat.
Daar is egter menige ander titels en outeurs omtrent midrash en die sinkretiese bediening van die Evangelie op die Internet en katolieke boekwinkels se rak beskikbaar. Dit kan ook deur hulle bestel word. Een so 'n boekwinkel is Pauline Books and Media. Behalwe vir die katkisasie by enige katolieke gemeente daarin, kan studies omtrent midrash ook in toegewyde groepe soos die "New Catechumenal Ecclesial Movement", gedoen word. Verdere navraag oor onderwerpe soos midrash en die lering daarvan in katolieke gemeenskappe, kan ook by instansies soos die School of Theology and Philosophy aan die St Augustine College of South Africa, gedoen word.
Johannes Comestor, deel sy sin omtrent die onderwerp hierin: Dit het onder andere die Rooms-Katoliek en mitologie-meester, JRR Tolkien (1892-1973), gebore in Bloemfontein, geverg om Lewis te oortuig dat die Christelike mite soveel waarheid oordra as wat ’n mens kan begryp: "truth is best discerned through myth" (p 137); dat Christus en die Kruisiging en Opstanding mites is wat werklik gebeur het en steeds saak maak. Tolkien het geredeneer dat "'doctrines' which are extracted from the 'myth' are less true than the 'myth' itself. The ideas are too large and too all-embracing for the finite mind to absorb them ... Man's capacity to mythologize was a remnant of his pre-lapsarian capacity to see into the life of things" (p 126). "All creation was 'myth-woven and elf-patterned'" (p 127). "Tolkien had taught him that the inability to believe in Christianity was primarily a failure of the imagination" (p 135). "A human being's relationship with God is the great Romance of life" (p 135).
Ja, nes dit die Rooms-Katoliek en mitologie-meester, JRR Tolkien (1892-1973) gebore in Bloemfontein, geverg het om Lewis te oortuig dat die Christelike mite net soveel waarheid oordra as wat ’n mens kan begryp, net so het die wonder daarvan deur die getuienis van ander katolieke gehoorsames (Kopte, Hellene, Oosterse Ortodokses, Roomses en Anglikane), beslag in my hart gevind.
Mag Jesus Christus onse lieflike Allah, self die mite van sy vleeswording (avatar) ’n werklikheid in ’n ieder se hart maak wat hier lees.
Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, en katolieke groete,
Cornelius Henn


Kommentaar
Cornelius, gee vir ons 'n opsomming van Robert Price se werk The Christ Myth Theory and its Problems, of dan ten minste soos jy dit verstaan, en verduidelik dan in die lig hiervan die volgende uitlatings van jou:
1. "Vir jou inligting; Robert Price se beskouing word algemeen aanvaar deur katolieke - ook nie net aanvaar nie, maar sy werk word in besonder selfs met repek in hul katkisasie en Bybelstudies gebruik".
2. "Robert Price met wie Chris my hierbo probeer doodgooi het, se werk "OT Testament Narrative as Old Testament Midrash" is algemene kennis by katolieke. Boonop is Robert Price geen ateïs nie, maar 'n formidabele "hutspot stoker" (nes die uwe)".
Die vraag was nie of Katolieke midrash as onderwerp van bespreking het nie, maar die 'Christ-myth theory' soos uiteengesit deur Robert M. Price. Jy het nog steeds nie die vaagste benul wat aangaan nie, en hierdie vrot bydrae van jou beklemtoon dit maar net.
Chris
Chris Dippenaar se redevoering het tot so 'n vlak verval dat geen debat meer met hom moontlik is nie. Dis opmerklik dat hy selfs verwag het dat hierdie bydrae deur sy verwagtinge gedikteer moes word!
Hy het darem wel intussen tot die gevolg gekom dat midrash deur katolieke geken word - selfs in direkte teenstelling met sy mede-intellektueel en ewe vyandige Wouter Ferns se mening hierin dat "die konsep van midrash, geen traksie in die Rooms-Katolieke Kerk het nie".
Die onderwerp midrash (herinterpretasie) in die Bybel, boei in 'n hoë mate.
Dis opmerklik hoeveel ongegronde en "unieke" aansprake fundamentele ongelowiges omtrent die Bybel maak, en dit dan tot die uiterste probeer voer!
Daarom deel ek eers 'n bietjie agtergrond tot Chris Dippenaar se ergerlikheid hierbo, en deel dan nog algemene kennis omtrent die onderwerp.
Ek vermoed ek het heel waarskynlik Chris Dippenaar se strydlustigheid ontketen toe ek hom elders daarop moes wys dat die katolieke, herinterpretasie (of te wel midrash), in hul katkisasieleer.
Nadat ek Chris Dippenaar verder daarop moes wys dat enige behoorlike studie na 'n historiese en mitologiese Jesus, ook die Kopte, Hellense en Ortodokses eintlik insluit, het Chris Dippenaar met sy onthutste protes daarteen 'n groteske flater begaan en veronderstel dat "Die Koptiese, Helleense en Ortodokse beskouing is heeltemal 'n ander onderwerp, volg in 'n latere tydperk, en irellevant tot die onderwerp hierbo, nl. die oorsprong (1ste & 2de eeu) van die Jesus-beweging" (sic).
Ek was verplig om Chris Dippenaar weer reg te help met die feit dat die Kopte eintlik die heel eerste katolieke gemeente op aarde was. Daarna hy my sy verleentheid nie vergewe nie en nou oral sy berugte "red herring" kommentaar by my bydraes plaas om waarskynlik so sy onkunde oor die onderwerp te probeer verdoesel.
Behalwe vir my vrede met enigeen se geloof of ongeloof, buig ek ook heel beskeie voor sulke vergissinge soos dié deur Chris Dippenaar.
Tewens, wie is foutloos, weet werklik alles, of is volmaak?
Gegewe egter Chris Dippenaar se onaangenaamheid hierbo, ek ter wille van enige ander belangstellendes die res van sy kommentaar ignoreer.
Ek deel die volgende paar feite omtrent die Bybel wat onder meer deur skeptici soos Robert Price gebruik word:
1. Buiten die Nuwe Testament is daar ’n gebrek aan geskrifte wat melding van 'n historiese Jesus maak. Gegewe die beweerde en buitengewone gebeurtenisse tydens die lewe en sterwe van die verhaalde Jesus, is dit inderdaad moeilik te begryp.
2. Die vier Evangelies staan op verskeie plekke paradoksaal in vergelyking tot mekaar.
3. Paulus en ander sendbrief skrywers maak ook geen melding van ’n resente historiese Jesus-figuur nie.
4. Die Evangelies toon ooreenstemming met tientalle ander mites uit die antieke geskiedenis.
...
Daar is nog baie, maar ek volstaan eers hiermee.
Nes Protestante katkisante algemeen bekend is met Johannes Calvyn en sy "solas", leer katolieke katkisante dat evangelieskrywers van 'n tegniek genaamd "midrash" gebruik gemaak het om bestaande heilige geskrifte in die gees van Gnostiese geloofsbeskouinge in hul tyd te verstaan.
Behalwe hul herinterpretasie daarvan (midrash), het die evangelieskrywers ook lank na die kruisiging van Jesus, die een na die ander van mekaar afgeskryf en daarna bygevoeg en weggelaat soos dit hulle gepas het.
Die evangelieskrywers se bedoeling was nooit om te bedrieg nie, maar het hulle die Evangelie sinkreties en in die kulture van hul tyd verkondig.
En dis ook maar net enkele van menige redes waarom die Roomses, die Protestante reeds eeue gelede probeer waarsku het toe Johannes Calvyn onder meer sy fundamentele dogma "sola scriptura", tot die uiterste gevoer het. As gevolg daarvan, verafgod Protestante vandag die Bybel as Jesus Christus (die Woord).
Katolieke ken 'n geheel ander benadering tot die Bybel as die Protestante met hul fundamentele "solas". Nes die Evangelieskrywers millennia gelede, dra katolieke vandag nog die Evangelie sinkreties en in die idioom van die tyd uit - vandaar ook nog 'n rol van die Pous.
In bykans alle katolieke gemeentes is daar voorts 'n orde wat as die apologetiek bekend staan.
Die apologetiek het ten doel om die katolieke geloof en beskouinge te verdedig, en aan kritici te verduidelik.
Apologete voer ook gereeld debat met skeptici soos Richard Dawkins en Robert Price. Anders as my ervaring op die werf, word sulke debat gewoonlik wedersyds en met die grootste respek gevoer - juis omdat katolieke die Protestante ontnugtering na Johannes Calvyn se fundamentele dogma kon voorsien.
Skeptici (soos Richard Dawkins veral), maak vandag miljoene se rykdom uit naïewe en ontnugterde Protestante (soos ons fundamentele ateïste op die werf).
Jeens die mate waarin Afrikaner-Protestante met Johannes Calvyn se "solas" geïndoktrineer is, kan ek ook net nederig en in die liefde en genade van Jesus Christus onse GOD, saam met my katolieke-genote kniel en bid dat Jesus Christus onse HERE, self ons Protestante broers en susters van hul fundamentele "solas" sal verlos. Ons is inderdaad tot in ewigheid deel aan dieselfde Liggaam.
Ek het nog baie meer om oor hierdie onderwerp te deel, maar dis net so sinloos om antwoorde vir vrae nie gevra te beantwoord, as wat dit is om fundamentaliste en antagoniste soos Chris Dippenaar te bevredig.
Vra asseblief!
Cornelius Henn
... en o ja, luister gerus hier - http://archive.org/details/ConversationsFromThePaleBlueDot034-RobertPrice - dis 'n onderhoud met Robert Price waarin hyself sy pad beskryf ...
Dis onnodig om verder te reageer op wat Cornelius skryf. Hy het die eiers, meel, sout en suiker goed geklits. Al wat hy nou nog moet doen is om dit te bak om te besef dat sy koek nie kan werk nie. Dis seker nie vir my om verder te sukkel met 'n ou wat te bang is om alles bymekaar te sit en deur te trek na 'n logiese gevolgtrekking nie.
Aristotelies het geseg: "It is the mark of an educated mind to be able to entertain a thought without accepting it." Fundamentaliste (gelowig of ongelowig), is gewis nie instaat om ander se denke buite hul eie in oorweging te neem nie... die brug van Protestante ontnugtering na ander Godsdiensbeskouinge, blyk onoorbrugbaar vir Chris Dippenaar en ander sogenaamde "educated" met hul geindoktrineerde uiterstes aan't hand ... Cornelius Henn
Jy glo wragtig alles wat jy lees op die internet.
Verskaf die titel en verwysing vir die Aristoteles-aanhaling.
Cornelius, kom ek help jou gou. Die aanhaling wat jy gebruik van Aristoteles demonstreer die verskil tussen jou en my. Jy lees iets onsamehangend wat pas by jou lewensuitkyk en jy gebruik dit sonder om twee keer te dink. Aanvanklik het ek nie geweet wat om te maak van die aanhaling nie, maar het gedink dat dit sekerlik uit konteks geneem moet wees. Ek was min verbaas toe ek uitvind dat dit nie net uit konteks geneem is nie, maar nie gevind kan word in die woorde wat jy gebruik in enige van Aristoteles se werke nie. Die naaste wat dit kom is uit Boek 1, Hoofstuk 3 van die 'Nicomachean Ethics' (nie 'Metaphysics' soos meeste internet "bronne" aandui):
Nature of the science
(We must not expect more precision than the subject-matter admits of. The student should have reached years of discretion)
3. Our discussion will be adequate if it has as much clearness as the subject-matter admits of, for precision is not to be sought for alike in all discussions, any more than in all the products of the crafts. Now noble and just actions, which political science investigates, exhibit much variety and fluctuation, so that they may be thought to exist only by convention, and not by nature. But goods exhibit a similar fluctuation because they bring harm to many people; for before now men have been undone by reason of their wealth, and others by reason of their courage. We must be content, then, in speaking of such subjects and with such premisses to indicate the truth roughly and in outline, and in speaking about things which are only for the most part true, and with premisses of the same kind, to reach conclusions that are no better. In the same spirit, therefore, should each type of statement be received; for it is the mark of an educated man to look for precision in each class of things just so far as the nature of the subject admits; it is evidently equally foolish to accept probable reasoning from a mathematician and to demand from a rhetorician demonstrative proofs (Translated by David Ross).
Ek dink dis duidelik dat die postmoderne twak wat jy wil koppel aan die naam van Aristoteles sonder enige regverdiging is. Dit demonstreer pragtig in watter mate jou kritiese denke beskadig is. Enige een wat net effens bewus is van Aristoteles se werk sal onmiddellik besef dat daar fout is met die aanhaling wat jy gebruik het en die belaglike interpretasie wat daaraan geheg het.
Chris Dippenaar,
Soos gewoonlik en met almal, is jy desperaat besig om weereens my bydrae te probeer kaap.
Dit mog wel waar wees wat jy hierbo veronderstel, dog ek enigeen nooi om die aanhaling te Google en dan self daaromtrent besluit.
Wat baat dit jou om die Internet so verdag te laat as wat jy hier in jou uiterste benadering probeer voorgee?
Algemene kennis, is iets wat jy as fundamentalis duidelik niemand gun nie.
Chris, pas gerus hierdie snedigheid ten opsigte van jou "errs" op jouself: "Dit demonstreer pragtig in watter mate jou kritiese denke beskadig is."
Hoe verduidelik jy na aanleiding van jou eie beskadigde denke, jou dwalinge onder meer omtrent die Kopte, Helleenses en die Ortodokses?
Derhalwe, as dit waar is wat jy omtrent Aristotelies veronderstel, dan vra ek nederig verskoning aan die grote wysgeer Aristotelies, en verander ek die oorsprong van die wysheid wat ek hierbo aanhaal na Anoniem - en herhaal aan jou so die gepastheid daarvan.
Aristotelies is tot rus.
Chris Dippenaar, kyk maar self helaas of jy hoegenaamd jouself weer by die onderwerp kan bepaal.
Cornelius Henn
Hierdie is gewis 'n mors van kosbare tyd, maar gegewe Chris Dippenaar se verdagmakery met allerlei afleidings en kommentare met die doel dat sou hy my selfs met iets glad nie ter sake verkeerd bewys, ek in geheel met agterdog bejeën moet word. Intussen sit die fundamentalis Chris Dippenaar vol vrede met homself met sy pyp styf gekrui saam met al sy mede fundamentaliste en hul twak wat hulle so gedurig hier kwytraak. Hier is 'n veel meer indrukwekkende skakel as Chris Dippenaar se poging in naammaak vir homself: http://publicnoises.blogspot.com/2009/02/aristotle-and-accuracy.html Mag Aristotelies, in vrede rus. Cornelius Henn
http://suscopts.org/coptic-orthodox/church/saint-mark/
Dis die skakel wat jy verskaf het. As jou bullshit verklikker nie aan gaan nie, kan ek jou nie help nie.
Terloops, Aristoteles se werk is Aristotelies. Anders, wat sou Aristotelies se werk wees...Aristoteliesties?
Fundamentele groete, ek vat nou 'n breek van LitNet.