Dis hoe jy dit doen: jy kies jou gunsteling skrywer. Lees hier en daar ietsie. Haal daaruit dit aan wat jou woorde presies staaf. Copy en paste dit verbaal en jy gee krediet sodat jy darem nie uitgevang word dat jy outeursreg skend nie.
So kan jy nooit ontbloot word as nar nie, want jy het bloot net hier en daar iets aangehaal wat ander mense gedink, beleef ervaar of ondersoek het. Want jyself is te lui, het nie genoeg tyd nie, kannie nou nie en al die gewone verskonings.
Eintlik sê jy bloot: ek dink nie vir myself nie. Ek het ’n opinie gebaseer op skrywer so-en-so en ek maak my gevolgtrekking met verwysing na so-en-so se aanname dat Sus so-en-so gesê het. En uiteindelik is jy bloot ’n kopieerder want jy is te lui om net verder te kyk as jou Exclusive Books versameling.
Jy het ’n opinie. Dis nie jou plig nie en al stel niemand belang daarin nie word dit waardeer solank dit JY is wat dit sê en nie een of ander outeur nie. En dis dalk die probleem hier in Suid-Afrika onder die sg Afrikaners: Hulle dink nie vir hulself nie. Is nie bereid om met "trial & error" tot nuwe insigte te kom nie. Dis waarom daar so min werklik insiggewende boeke in Afrikaans is. Romans, sure, poesie, natuurlik want ons sit met die veld en berge en blommetjies. Wroeg, sure want ons het Malema. Wanneer laas het jy hier gesien dat iemand aanhalings copy en paste van ’n vrydenker in Afrikaans?
Dit is waarom ons presies sit met allerhande teorieë oor die hiernamaals en sameswerings en nie-sameswerings (is daar so ’n term? Ek voel ’n vaal kol). Ons het te veel napraters en te min mense wat (al is die metodiek nie volgens die gewetenspolisie se standaard nie) vir hulself dink. Te veel aanhalings van ander mense se woorde (terwyl jy letterlik tienduisende weersprekings kan aanhaal) en te min plat op die aarde logika.
Want ek koop my Pepsi hier in Woolies, nie iewers in een of ander kwasi-filosoof se boek nie. Ek drink hom in my binnekamer en nie iewers in een of ander eksklusiewe klub nie. Al weet ek dat Pepsi reeds vier keer hier in Suid-Afrika moes deure toemaak omdat SABCO ons doodgewoon uitgeprys het. Die laaste keer wat einste Pepsi hier moes deure toemaak moes Standard Bank R230 (sug, weereens +-) se slegte skuld afskrywe (waarvoor die o-so-slim ingeligte belastingbetaler moes hoes) miljoen rand afskryf.
Baie dankie en so is dit dan (om woorde aan te haal is maklik, om vir jouself te dink dalk effens moeiliker?)
oester

