met die input van die lenteson

  • 0

 

’n paar geitjies luiters uitgestrek verslaap op die aalwynblare
(net so effens pols dit beperk by die oksel van elke voorbeen)
die kat skuur verby teen my een kuit en kom herhaal dit netjies sag
’n kwêvoël vorder met mening vlieg-vlieg sweef, vlieg-vlieg sweef
en hou sy kwê in tot daar in die boom

en die besef steek in my spore vas
jy is die een jy is
wat ek wil hê
op hierdie stadsbalkon

dit kom nou alles vorendag
saam met die input van die lenteson

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top