met apologie

  • 1

met apologie

my pa is in ’n nartjie
my ma is in kaneel
ek is haar klein papie
’n ertjie in ’n peul

soms sê my ma ek’s wonderlik
soms sê sy ek is sleg
ek luister na haar woorde
sluit dit op donker plekke weg

my pa spreek glad geen woorde
behalwe dié wat breek
en dié wat brand en dié wat bly
en in die donker plek vassteek

my pa is in sy papie
my ma ’n voël wat kweel
ek haal die donker woorde uit
en sien dit in die spieël

  • 1

Kommentaar

  • Ek dink flussies aan Reza De Wet se Trits. Gelyktydig ooglopend dog iets onheilspellend. Pragtige samevoegings - sonder cliche.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top