Mercurius en Venus spesiaal vir Thomas en Ran Doodt

  • 0

Dankie, vir julle kommentaar. Daar word beweer dat minder as 1 uit elke 100 mense al vir Mercurius gesien omdat hy altyd naby die son is en slegs kort voor sonop en kort na sononder sigbaar is. As enigeen twyfel of hy al vir Mercurius gesien het, is dit nou die ideale kans.

Mercurius sit tans net skuins bo Venus. Die konstellasie van Scorpius sak saans saam met die twee planete na sononder in die weste. Venus het ’n ruk gelede agter die son gaan draai en is besig om hoër agter die son uit te klim, terwyl Mercurius tussen die aarde en die son geleë is en besig is om die aarde op te vang. Dit sal aan die begin van Desember tussen die aarde en die son deur beweeg maar teen daardie tyd weens die son se gloed nie meer sigbaar wees nie. ’n Interessante planetedans is vir die volgende paar weke ons voorreg. Venus sal hoog bo Mercurius en die ster Antares uitstyg.

Maak seker om die aand van 26 November te kyk wanneer ’n nuwemaan tussen die twee planete geleë sal wees. Die donker kant van die maan sal effens verlig wees as gevolg van die sonlig wat vanaf die aarde weerkaats word. Dit is dieselfde verskynsel as maanskyn en word aardskyn (“earth shine”) genoem. Aardskyn is slegs tydens die vroeë fases van die maan op die donker gedeelte van die maan sigbaar.

Groete

Panda

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top