"Meng jou met die semels" deur Rinus Lotz

  • 0

Meng jou met die semels

Pa sê, Ma sê, almal sê ook so
jy draai jou hele lewe onderste bo
Jy verafsku alle leiding, vee jou gat af aan goeie raad
Almal is idiote, hulle raad maak jou net kwaad

Pa sê, Ma sê, almal sê nog so
jy weet altyd beste en dit is wat jy glo
Niemand mag jou voorsê en besluite vir jou maak
want alles wat gesê word maak nie regtig saak

BRUG:
Jou tyd is tog joune en jy sal doen net soos jy wil
Jy weet mos wat jy wil hê om jou drome te vervul

REFREIN:
Somtyds vat jy mis en soms vat jy raak
Die lewe gaan oor keuses, net jy kan joune maak
Meeste van die tyd mik jy soms net mis
glo vir seker vas dat dit die regte keuses is
Laat die skille tog net van jou oë af dop
meng jou met die semels en die varke vreet jou op

Pa sê, Ma sê, almal het jou gesê
jy weet altyd beter, jy gaan nie maklik lê
Jou siening is eenvoudig en daarby gaan jy staan
al se wie ook wat, hul sal nooit verstaan

Pa sê, Ma sê, almal is dalk reg?
Die lewe gaan oor keuses, is jy werklik reg?
Tog voel jy sterk daaroor en wil jy daarteen skop
kan een verkeerde keuse nou jou lewe so om dop?

BRUG

REFREIN

Jy het hoog gevlieg, jy het hard geval
Almal was toe reg
Nou kom die woorde self uit jou mond
jou keuses het jou gewond
BRUG

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top