Meneer Gödel

  • 0

Ek het ‘n boekie
by die huis
wat vertel van tyd en die ruimte se weefsel,
maar wat dit nooit kan sê,
is die vlam wat opstaan vir my uit daardie bladsye,
amper soos die Bybel …
en as meneer Gödel die wisselende tye
kon buig met verstand en papier
sou ons saam kon reis met
meneer Alcubierre na die verste ster
en groot gesels en braaivleis hou
oor kinders kry en trou.
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top