"Memories" deur Mark Pretorius

  • 0

Memories

Aan die anderkant van die dorp
in die noorde van die pragvallei
is daar 'n woning waar die mooiste meisie bly

By haar moet jy maar versigtig trap
Jy weet nie hoe kwaad word 'n vrou se mag
Sal 'n man mos disnis klap
Al is sy so besonders sag

BRUG:
Dag na dag is jy in my kop
Ek raak net verlief en raadop
Jy gaan my verstand te bowe
Sal jy my net een hartjie belowe?

REFREIN:
Memories en geskiedenis maak
Braai's en games en hormone wat pla
Ons lewens het mekaar geraak
Kyk in my hart en sien jou daar

Dis jy met jou oulike kaalvoetjies
en die manier wat jy in jou sokkies rondloop
En 'n paar emosionele dingitjies
Ja, so het ons 'n pad geloop

BRUG

REFREIN

Jy is my slaaptydstorie
en ook my oggendglorie
Jy is my asemrowende drome

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top