Melt J Brink (1842–1925)

  • 0

 

 

Sêgoed van Melt Brink

Aan GR von Wielligh in ’n brief van 18 Oktober 1917: "Ek weet van geen teenstand nie. Wel hier en daar iets van gehoor, maar ek het my nie daaraan gesteur nie en het maar my eie pad bewandel." (HM van der Westhuysen se artikel)

Aan GR von Wielligh in ’n brief van 18 Oktober 1917: "As ek my gevoele moet uitspreek, spyt dit my, dat die ou Hollands, of liewers gesê Kaaps-Hollands, vir die hedendaagse Afrikaans moet verruil word. (...) Dog as dit nie anders kan nie, laat dit liewer so bly as om Engels in plaas daarvan te stel." (HM van der Westhuysen se artikel)

Gebore en getoë

Melt Jacobus Brink is op 16 Mei 1842 in Kaapstad gebore. Sy ouerhuis was langs dié van die Koopmans-De Wet-huis op die hoek van Lang- en Strandstraat. Sy vader het bekendgestaan as ’n baie goedhartige man en nadat hy vir ’n vriend borg gestaan het en dié nie sy verpligtinge kon nakom nie, is die Brinks se huis en besittings onder hulle uitverkoop.

Die gesin het vir die volgende vyftien jaar ’n swerwersbestaan gevoer. Van die jong Melt se sewende tot sy vyftiende jaar het hulle op die plaas Oostenwal naby Saldanhabaai aan die Weskus gewoon, waar sy vader geboer het. Daar het Melt met die ware boermense in aanraking gekom, asook met die vissersmense. Dit is hier waar hy soveel van die stories gehoor het wat later in sy volksvertellinge tot uiting gekom het.

Daar was egter nie ’n skool nie en Melt was nege jaar oud voordat hy die eerste keer onderrig ontvang het – van Jan Jansen, wat stuurman was van ’n gestrande Hollandse skip. Jansen het, nadat sy skip vergaan het, besluit om op hierdie buitepos die kinders te kom leer lees en skryf. Melt het vertel dat Jansen “my de geheim van het alphabet ontvouden” (Die Staatsamptenaar, Februarie 1949, artikel deur PHC).

Brink het verder van hierdie eerste onderwyser van hom vertel: “Hy ging heen om als meester in het toen pas aangelegde dorp Hopefield de plak te zwaaien, waarschijnlik omdat het aardse slijk daar ’n weinig dikker lag dan op ’n boerenplaats” (uit ‘n biografiese inligtingstuk oor Melt Brink by Naln).

In 1856 het die gesin teruggekeer na Kaapstad en het hy weer begin skoolgaan, by die bekende Tot Nut van ’t Algemeen. Hier het hy sy vader op ’n wynplaas naby Houtbaai met die boerdery gehelp, maar dit was nie baie winsgewend nie.

Dit het beteken dat toe Brink 25 jaar oud was, hy net drie jaar formele skoolonderrig gehad het. Hy was maar ongeveer veertien jaar oud toe hy sy eerste gediggies geskryf het en daar kan net bespiegel word hoe ver hy dit dalk in die letterkundige wêreld sou gebring het as hy na behore onderrig was.

Verdere studie en werk

In 1864 het die gesin teruggetrek na Kaapstad, waar Brink in sy vader se bakkery en slaghuis gewerk het.

Daar het egter ’n nuwe geleentheid op sy pad gekom. Hy het verduidelik (inligtingstuk by Naln): "In mijn jeugd had ik altijd grote lust om schilder te worden, maar daar mijn vader de opleiding niet kon bekostigen en mij zelfs niet in de boerdery kon missen, heb ik maar zo bij mijzelf zoveel stukjes papier met kleuren bemorst, als ik machtig kon worden.

"Maar nu bracht mijn enigste stiefbroer uit het eerste huwelik van mijn vader mij bij ’n vriend die nadat hij mijn verfsmeersel had gezien, gezegde stiefbroer aanspoor om mij ’n jaar op het ZA Kollege te plaatsen" (inligtingstuk).

Hy het verder vertel (Die Staatsamptenaar, Februarie 1949): "Daar het ek mijn best gedaan, zodat ik bij het eind van het jaar, zoals wij zeggen, bijna suf was en dacht dat ik beter op mijn kop dan op mijn benen sou kunnen staan."

Sy stiefbroer was egter nie by magte om hom langer op die kollege te hou nie en toe "kwam ik, door bemiddeling van gezegde vriend, op het kantoor van de Landmeter-Generaal te land ..." (Die Staatsamptenaar).

Dit was in 1867 toe Melt Brink by die landmeter-generaal begin werk, het teen ’n salaris van 7/6 (sewe sjielings en ses pennies) per dag. Hy het stadig maar seker opgang gemaak en toe die hooftekenaar in 1898 oorlede is, is hy tot hooftekenaar bevorder met ’n salaris van £445 per jaar. In 1903 is sy salaris verhoog tot £600 per jaar, wat konstant gebly het tot sy aftrede in 1908 op 66-jarige ouderdom.

In sy artikel oor Melt Brink in Die Staatsamptenaar (Februarie 1949) het PHC geskryf dat Brink in die landmeter-generaal se kantoor baanbrekerswerk gedoen het. Hy het ongeveer honderd belangrike kaarte en planne opgestel wat as basis vir latere planne gedien het. Voorbeelde van sy werk was onder andere die planne van die destydse munisipale gebiede Woodstock, Mowbray, Maitland, Claremont en Rondebosch in die Kaapse Skiereiland. Dan was daar ook nog afdelingsplanne, soos dié van Kaapstad, Stellenbosch en die Paarl – afdelings waarin grondbriewe reeds in die 17de eeu uitgereik is. Kaapstad s'n is in die vorm van ’n muurkaart deur die Staatsdrukker uitgegee.

Dit was ’n enorme taak wat hy daar verrig het om die opmetings van daardie tyd stip te karteer. Daar is vertel dat "oubaas Melt" se linkerpinkie se nael baie lank was. Dit het hy gebruik om die kalkeerlinne waarop hy aftrekke moes doen, vas te druk.

Ook was daar altyd ’n stuk papier naby hom en sodra iets soos ’n grappige sin of ’n snaakse gebeurtenis hom te binne geval het, het hy sy werk eers net so gelos om dit te neer te skryf.

Op 1 Junie 1908 het Melt Brink uit die Staatsdiens getree. Die departement was baie dankbaar vir sy diens wat hy gelewer het. Dit kan duidelik uit die volgende gesien word: "I am directed by the Secretary for Agriculture to convey to you an expression of the Government's warm appreciation of the faithful and valuable services rendered by you extending over a period of forty years" (Die Staatsamptenaar, Februarie 1949).

Melt was bekend vir sy uitmuntende kaartwerk en in So is onse maniere vertel MER dat sy ook by hom les geneem het, aangesien sy op ’n stadium wou landmeter word. Hy wou egter nie daarvoor betaal word nie, want, soos sy pa, het hy geglo dat "een Afrikaner die ander moet help".

 
Maria Elizabeth Rothman

 

Melt Brink is op 17 Junie 1870 getroud met Nanet Combrink, wat uit ’n deftige Kaapse familie afkomstig was. Die huwelik was kinderloos. Nanet is in 1915 oorlede en Melt het in sy huis, Pretoria-villa, in Kloofstraat in Kaapstad gebly tot sy afsterwe op 3 September 1925.

Benewens sy skryfwerk was Melt Brink veral bekend vanweë die inspirerende rol wat hy gespeel het na die stigting van die Kaapstadse rederykerskamer Aurora in 1866. Dit het twintig jaar lank bestaan en hy het gereeld toneelstukkies vir hulle geskryf. Hy het in 1866 lid van Aurora geword en nie lank daarna nie is hy aangestel as die faktor, met ander woorde die amptelike vers- en dramamaker van die kamer. Hy het in 1868 sekretaris van Aurora geword, asook later die leidende voorsitter. Hy was ook later lid van De Zuid Afrikaansche Societeit, Het Algemeen Nederlandsch Verbond, De Zuid Afrikaansche Taalbond, Vereeniging Hollandia te Kaapstad, en later ook erelid van die Maatschappij der Nederlandsche Letteren te Leiden.

Sy eerste versies het in die 1860's in die tydskrif The Knobkerrie verskyn onder die skuilnaam Koos Rijmzak. Hy het ook later ’n rubriek getiteld "Afrikaansche Schetzen" in hierdie tydskrif behartig.

Ben de Kock het in Die Burger (geen datum word op die knipsel vermeld nie) geskryf dat ’n mens Melt Brink se letterkundige bydrae in drie tydperke kon verdeel: van 1868 tot 1877, toe hy veertien toneelstukke geskryf het; vanaf die 1880's, toe sy verse hoofsaaklik ontstaan het; en vanaf 1903, toe hy hom weer hoofsaaklik op toneelwerk toegespits het.

HM van der Westhuysen skryf in sy artikel dat Brink vanaf 1867 tot 1880 meestal klugtige toneelstukkies in Nederlands geskryf het. Hiervan het Aurora die meeste opgevoer. Van hierdie toneelstukkies het agtien nie in druk verskyn nie. Ongeveer twintig is vanaf 1904 tot 1921 gepubliseer – in Brink se eie Kaaps-Hollands. Van hierdie stukke is veertien titels etlike kere herdruk.

Vanaf 1893 tot 1921 het Brink ook dertien bundels versies wat as rymelary beskou kan word, uitgegee, ook met herdrukke, asook een bundel prosa en samesprake. Hierdie geskrifte van Brink was gewild onder die Afrikaanse leserskringe. Behalwe die lesers van sy werk het die opvoerings van sy blyspele tussen 1905 en 1920 tot gevolg gehad dat baie meer mense met sy werk en sy eiesoortige Afrikaans in aanraking gekom het.

Hoewel Melt Brink se werk nie beskou kan word as werke van groot letterkundige waarde nie, het Marie Linde in ’n artikel in Die Suiderstem (25 Februarie; jaartal word nie op die knipsel vermeld nie), geskryf dat wanneer ’n mens Die reis na Kaapstad van oom Gysbert van Graan lees, dit duidelik is dat dit geskryf is deur iemand wat Kaapstad baie goed ken, want dit bevat ’n uitstekende beskrywing van Kaapstad in die 1890's.

In die voorwoord van die eerste deel van Grappige stories en andere versies (1893) het hy geskryf: "Ik heb mij, wat de taal betreft, soveel mij zulks mogelijk was, aan de middenweg tusschen goed Hollands en Patriotisch gehouden. Ten eerste omdat ik denk dat dezen voor velen gemakkeliker zal lezen, en ten tweede omdat ik het Patriotisch te overdreven acht, wij spreken zo niet onder ons. Ik heb het Kaapsch-Hollandsch, zoals wij het gewoonlik spreken, gevolgd, ben ik hier of daar minder gelukkig geslaagd, dan vraag ik u verschoning" ((HM van der Westhuysen se artikel).

In die voorwoord tot die agtste deel van sy Grappige stories en andere versies (1909) het hy geskryf: "Het is bijna niet nodig u te zeggen, dat ik ook in dit bundeltjie mijn oude schrijftrant heb gevolgd, en tussen Skylla en Charybdis – de Taalbond en de ATV – ben doorgezeild; de eerste heb ik vermeden, omdat ik bevreesd was mij hier en daar op een klip te stoten, en de andere, omdat ik mij met de spelling van vele woorden niet kan verenigen."

Die Afrikaans wat Melt Brink in sy geskrifte gebruik het, was sy eie, besonderse Afrikaans. Hy het hom nie geskaar agter die leiers van die Eerste Taalbeweging van 1875 nie, terwyl hy geglo het dat Hoog-Hollands steeds gehandhaaf moes word as skryftaal; in teenstelling met die Patriotters, wat Afrikaans as skryftaal verkies het.

In sy leeftyd het daar groot taalonsekerheid in Suid-Afrika geheers. Nie net was daar die stryd tussen Nederlands en Engels nie, maar daar was ook die propaganda vir Afrikaans. Brink was nooit ’n aktiewe deelnemer aan enige van die taalstryde nie. Dit kan dalk wees omdat hy as ’n vredeliewende mens bekendgestaan het en nie as ‘n stryder of propagandis geken wou wees nie. Sy taal was ’n mengelmoes van Hollands en Afrikaans en hy het dit gesien en gebruik as ’n middel om sy grappige stories en versies by die gewone mens uit te kry. Waar sy geskrifte dalk hekelend was, het hy nooit gemeen om te kwets nie, maar net vir die komiese effek daarvan.

JHH de Waal was gedurende daardie tyd redakteur van De Goede Hoop en in daardie hoedanigheid het hy op 1 November 1905 by die publikasie van drie blyspelletjies "uit de pen van onzen humoristischen vriend" geskryf: "Het verblijdt ons te bemerken, dat de heer Brink in deze werkjes wat meer dan in zijn vroegere stukken – lang niet genoeg – het zuivere Afrikaansch volgt, zooals dit gesproken wordt. Menging van Nederlandsch en Afrikaansch dient zooveel mogelijk vermeden te worden."

De Waal het ook in sy My herinneringe aan ons taalstryd geskryf: "Moenie dink dat oom Melt met sy pennevrugte daarop uit was om Afrikaans te bevorder nie! Ons Kaapse 'Vader Cats' het Afrikaans bloot as dialek beskou – nie goed genoeg vir verheffing tot plaasvervanger van Nederlands nie. Hy was uitdruklik daarteen dat die status van Afrikaans verhoog word."

Ben de Kock het verder geskryf dat Melt Brink ná 1884 meer van Nederlands afgewyk het en sy eie "hoogs eienaardige taaltjie" begin skryf het wat hy Kaaps-Hollands gedoop het. Dit was êrens tussen Nederlands en "Patriots". Die stryders vir Afrikaans kon hom nooit oorhaal na hulle sienswyse nie, maar hy het tog later al meer na daardie kant toe oorgehel en het, volgens De Waal, "willens of onwillens meer gedoen om Afrikaners daaraan te herinner dat die taal van Holland nie langer vir Suid-Afrika deug nie, as enige ander".

Brink was ’n outodidak. Hy het op sy eie die werke van Bilderdijk, Cats en veral De Génestet gelees en is sekerlik deur hulle beïnvloed, maar dit het nie te veel inslag in sy eie werk gevind nie. Melt Brink het sy inspirasie geput uit die lewens van die gewone mense waarmee hy in aanraking gekom het, soos die vissersmense, die boere en die Hottentotte, en hy het sy eie weg gegaan, ondanks teenkanting uit verskeie oorde.

 Sy grappige gediggie "Hoe die Engelse taal in de wereld gekomen is" het in die Zuid-Afrikaanse Tijdskrif van 1893 verskyn en het groot protes uit Engelse oorde ontlok. Daar was ook predikante wat geaffronteer was oor woorde en uitdrukkings in sy werk wat hulle as oneerbiedig gesien het. Desondanks het hy die volkskrywer van sy tyd geword.

Ben de Kock het geskryf: "Brink was in sy tyd ’n belangrike baanbreker en miskien ook die eerste wat ons mense geleer het om vir hulself te lag. Sy werk is van geringe letterkundige waarde, maar hy het geskryf in ’n tyd toe daar niks op dié gebied in Afrikaans bestaan het nie. Daarom moet ’n mens hom miskien sien soos prof JJ Smith, wat van hom gesê het: '’n Klein alleenstaande koppie op ’n kaal vlakte is seker nie minder treffend nie as ’n hoë bergspits in ’n landskap van hoë berge.’"

Aan die einde van sy artikel het Van der Westhuysen geskryf dat Brink se eiesoortige en ook kunsmatige Kaaps-Hollands as taalvorm "vir hom slegs ’n middel tot ’n doel was, terwyl vir die Patriotters die taalvorm soos deur hulle in hulle skryfwerk toegepas, meer ‘n doel was op homself. Saam met GR von Wielligh, self een van die ou taalpioniers (in Eerste skrywers), wil ek besluit: 'Die enigste verskil tussen Melt Brink en die ou Genootskap was: hy wou die kunsmatige Kaaps-Hollands bestendig, terwyl die ou Genootskap direk gemik het om die Afrikaanse spreektaal tot skryftaal te verhef ... maar die betekenis van mnr Melt Brink in die Afrikaanse letterkunde moet nie hierin gesoek word nie: hy het met sy geskrifte die weg vir Afrikaans gebaan. Hy het ’n groot leserskring gehad, waarvan baie die Patriot en Ons Klyntji nie ontvang het nie, omdat hulle gemeen het dat suiwer Afrikaans vir skryftaal te plat is. Hulle kon hulle beter versoen met Kaaps-Hollands, waardeur hulle geleidelik aan die Afrikaanse skryfvorm gewend geraak het. Dus was mnr Melt Brink ’n kragtige middel om die weg vir Afrikaans te baan. Hierdeur het hy ’n groot figuur in ons kultuurlewe geword en sy invloed sal nog lank na sy dood gevoel word.'"

Melt Brink is op 3 September 1925 in sy huis in Kaapstad in sy slaap oorlede. Hy het reeds in 1916 in ’n brief uitvoerig uiteengesit hoe sy begrafnis hanteer moes word. Die diens moes waargeneem word deur eerwaarde Balmforth van die Vrye Protestantse Kerk (Unitaries), waar hy lidmaat was. Die Burger van 4 September 1925 het berig dat die lykdiens om 14:45 aan die sterfhuis moes plaasvind, waarna sy stoflike oorskot per trein na die Maitland-begraafplaas vervoer moes word.

Publikasies

Publikasie

Grappige stories en ander versies in Kaaps-Hollands. Eerste bundel

Publikasiedatum

  • 1893
  • 1902
  • 1906
  • 1920

ISBN

(sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Juta
  • Pretoria: De Bussy
  • Kaapstad: HAUM

Literêre vorm

Stories en versies

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

  • Grappige stories en andere versies in Kaaps-Hollands. Tweede bundel
  • Grappige stories en andere versies in Kaaps-Hollands. Twede bundel

Publikasiedatum

  • 1894
  • 1898
  • 1903
  • 1921

ISBN

(sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Juta
  • Pretoria: De Bussy
  • Kaapstad: HAUM

Literêre vorm

Stories en versies

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Grappige stories en andere versies in Kaaps-Hollands. Derde bundel

Publikasiedatum

  • 1896
  • 1903
  • 1921

ISBN

(sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Juta
  • Pretoria: De Bussy
  • Kaapstad: HAUM

Literêre vorm

Stories en versies

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Grappige stories en andere versies in Kaaps-Hollands. Vierde bundel

Publikasiedatum

  • 1898
  • 1903
  • 1921

ISBN

(sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Juta
  • Pretoria: De Bussy
  • Kaapstad: HAUM

Literêre vorm

Stories en versies

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

  • Grappige stories en andere versies in Kaaps-Hollands. Vijfde bundel
  • Grappige stories en andere versies in Kaaps-Hollands. Vyfde bundel

Publikasiedatum

  • 1903
  • 1921

ISBN

(sb)

Uitgewer

  • Pretoria: De Bussy
  • Kaapstad: HAUM

Literêre vorm

Stories en versies

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Grappige stories en andere versies in Kaaps-Hollands. Eerste tot sevende bundel: Bloemlezing uit de eerste en tweede bundel

Publikasiedatum

  • 1902
  • 1903
  • 1906
  • 1909
  • 1914
  • 1921
  • 1922

ISBN

(hb

Uitgewer

  • Pretoria: De Bussy
  • Kaapstad: HAUM

Literêre vorm

Stories en versies

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

  • Hoe oom Jacob Hoogvlieg gefopt werd
  • Hoe oom Jacob Hoogvlieg gefop werd
  • Hoe oom Jakob Hoogvlieg gefop werd: blyspel in een bedryf vir 6 here en 1 dame

Publikasiedatum

  • 1904
  • 1916
  • 1920

ISBN

(sb)

Uitgewer

  • Pretoria: ZA Nieuwsblad Maatschappij
  • Pretoria: De Bussy
  • Kaapstad: HAUM

Literêre vorm

Blyspel

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

  • Die reis naar Kaapstad van oom Gijsbert van Graan en zijn ondervindingen aldaar
  • De reis na Kaapstad van oom Gysbert van Graan en sy ondervindige aldaar

Publikasiedatum

  • 1904
  • 1915
  • 1921

ISBN

(sb)

Uitgewer

  • Pretoria: De Bussy
  • Kaapstad: HAUM

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

  • Berouw kom meestal te laat: toneelspel in drie bedrijve
  • Berouw komt meestal te laat: toneelspel in drie bedrijve

Publikasiedatum

  • 1905
  • 1915
  • 1920

ISBN

(sb)

Uitgewer

  • Pretoria: De Bussy
  • Kaapstad: HAUM

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Bij die tande-dokter: blijspel in een bedrijf voor drie heren en een dame

Publikasiedatum

  • 1905
  • 1917

ISBN

(sb)

Uitgewer

  • Pretoria: De Bussy
  • Kaapstad: HAUM

Literêre vorm

Blyspel

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

  • Die echtskeiding: blijspel in een bedrijf
  • Die egtskeiding: blijspel in een bedrijf
  • Die egskeiding

Publikasiedatum

  • 1905
  • 1915
  • 1920

ISBN

(sb)

Uitgewer

  • Pretoria: De Bussy
  • Kaapstad: HAUM

Literêre vorm

Blyspel

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

  • Groot-vader zijn pijp: blijspel in twee bedrijven
  • Grootvader se pijp
  • Grootvader se pyp: blyspel in twee bedrywe vir 8 here en 1 dame

Publikasiedatum

  • 1905
  • 1911
  • 1918
  • 1927

ISBN

(sb)

Uitgewer

  • Pretoria: De Bussy
  • Kaapstad: HAUM

Literêre vorm

Blyspel

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

  • Die kwaaije huishoudster: blyspel in een bedryf vir 4 here en 1 dame
  • Die kwaaie huishoudster: blyspel in een bedryf vir 4 here en 1 dame

Publikasiedatum

  • 1905
  • 1918

ISBN

(sb)

Uitgewer

  • Pretoria: De Bussy
  • Kaapstad: HAUM

Literêre vorm

Blyspel

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

  • Mal-Jan onder die hoenders: blijspel in een bedrijf
  • Maljan onder die hoenders: blyspel in een bedryf

Publikasiedatum

  • 1905
  • 1911
  • 1915
  • 1918
  • 1924

ISBN

(sb)

Uitgewer

  • Pretoria: De Bussy
  • Kaapstad: HAUM

Literêre vorm

Blyspel

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Voor volk en taal: toneelspel in een bedrijf

Publikasiedatum

  • 1905
  • 1915

ISBN

(sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Van de Sandt de Villiers
  • Kaapstad: Nasionale Pers

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

  • De weddenschap: blijspel in een bedrijf vir 6 here
  • Die weddenskap: blyspel in een bedryf

Publikasiedatum

  • 1905
  • 1915
  • 1920

ISBN

(sb)

Uitgewer

  • Pretoria: De Bussy
  • Kaapstad: HAUM

Literêre vorm

Blyspel

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

  • Grappige stories en andere versies. Zesde bundel
  • Grappige stories en ander versies. Sesde bundel

Publikasiedatum

  • 1906
  • 1922

ISBN

(sb)

Uitgewer

  • Pretoria: De Bussy
  • Kaapstad: HAUM

Literêre vorm

Stories en versies

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Een progressief (zoo als men er meer vindt): blijspel in een bedrijf

Publikasiedatum

1906

ISBN

(sb)

Uitgewer

  • Pretoria: De Bussy
  • Kaapstad: HAUM

Literêre vorm

Blyspel

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

  • Gestrafte nieuwsgierigheid: blijspel in twee bedrijven
  • Gestrafte nuwsgierigheid: blijspel in twee bedrijven

Publikasiedatum

  • 1907
  • 1915
  • 1920

ISBN

(sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: HAUM
  • Pretoria: De Bussy

Literêre vorm

Blyspel

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

  • De haat verstomt, waar liefde komt: blyspel in twee bedrijven
  • Die haat verstom, waar Liefde kom: blyspel in twee bedrywe

Publikasiedatum

  • 1907
  • 1920

ISBN

(sb)

Uitgewer

  • Pretoria: De Bussy
  • Kaapstad: HAUM

Literêre vorm

Blyspel

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

  • O, die muizen!, of, Het stemrecht voor vrouwen: blijspel in een bedryf
  • O, die muise!, of, Die stemreg vir vroue: blyspel in een bedryf

Publikasiedatum

  • 1908
  • 1915
  • 1920
  • 1930

ISBN

(sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: HAUM
  • Pretoria: De Bussy

Literêre vorm

Blyspel

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

  • Grappige stories en andere versies in Kaaps-Hollands. Zevende bundel
  • Grappige stories en andere versies in Kaaps-Hollands. Sewende bundel

Publikasiedatum

  • 1909
  • 1922

ISBN

(sb)

Uitgewer

  • Pretoria: De Bussy
  • Kaapstad: HAUM

Literêre vorm

Stories en versies

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

  • Die storie van Klaas Windvoöl, die ou hotnot: een beskrijwing van zijn lewensloop en wat hij deur gegaan en deur gestaan het
  • Die storie van Klaas Windvoöl, die ou hotnot: een beskrywing van zyn lewensloop en wat hy deurgestaan het

Publikasiedatum

1910

ISBN

(sb)

Uitgewer

Kaapstad: HAUM

Literêre vorm

Gedigte

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die national scout, of, Die verloren zoon: toneelspel in vijf bedrijven

Publikasiedatum

1913

ISBN

(sb)

Uitgewer

Kaapstad: Nasionale Pers

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die mislukte trouwpartij: blijspel in een bedrijf

Publikasiedatum

  • 1914
  • 1920

ISBN

(sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: HAUM
  • Pretoria: De Bussy

Literêre vorm

Blyspel

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Nationale en Afrikaanse gedigte in Kaaps-Hollands. Bundel A

Publikasiedatum

1916

ISBN

(sb)

Uitgewer

  • Pretoria: De Bussy
  • Kaapstad: HAUM

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die slimme boertjie, of, Die vergiftigde wors: blijspel in een bedrijf

Publikasiedatum

  • 1916
  • 1920

ISBN

(sb)

Uitgewer

  • Pretoria: De Bussy
  • Kaapstad: HAUM

Literêre vorm

Blyspel

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Nationale en Afrikaanse gedigte in Kaaps-Hollands. Bundel A en B

Publikasiedatum

  • 1916
  • 1918

ISBN

(sb)

Uitgewer

  • Pretoria: De Bussy
  • Kaapstad: HAUM

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

De diamante, of, Verborgen liefden: toneelspel in 3 bedrijven voor zeven heren en een dame

Publikasiedatum

1917

ISBN

(sb)

Uitgewer

  • Pretoria: De Bussy
  • Kaapstad: HAUM

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Luimige en vrolike verhale, samesprake ens

Publikasiedatum

1917

ISBN

(sb)

Uitgewer

Kaapstad: Nasionale Pers

Literêre vorm

Verhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Een ondankbaar kind: toneelspel in een bedrijf voor vier dames en twee heren

Publikasiedatum

  • 1917
  • 1921

ISBN

(sb)

Uitgewer

  • Pretoria: De Bussy
  • Kaapstad: HAUM

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Zo zijn er meer, of, Weggeschopt met de kous op de kop: blijspel in twee bedrjven voor vier heren en twee dames

Publikasiedatum

1917

ISBN

(sb)

Uitgewer

  • Pretoria: De Bussy
  • Kaapstad
    HAUM

Literêre vorm

Blyspel

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Nationale en Afrikaanse gedigte in Kaaps-Hollands. Bundel B

Publikasiedatum

1918

ISBN

(sb)

Uitgewer

  • Pretoria: De Bussy
  • Kaapstad: HAUM

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die ware liefde?: samespraak in een bedryf vir een heer en een dame

Publikasiedatum

  • 1916
  • 1919
  • 1920

ISBN

(sb)

Uitgewer

  • Pretoria: De Bussy
  • Kaapstad: HAUM

Literêre vorm

Samespraak

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Nationale en Afrikaanse gedigte. Bundel C: Herfsblade. Laaste gedigte

Publikasiedatum

1920

ISBN

(sb)

Uitgewer

  • Pretoria: De Bussy
  • Kaapstad: HAUM

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Grappige stories en andere versies. Eerste tot Sesde bundel

Publikasiedatum

  • 1920
  • 1921
  • 1922

ISBN

(hb)

Uitgewer

  • Pretoria: De Bussy
  • Kaapstad: HAUM

Literêre vorm

Stories en versies

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die diamantkoors, of, Einde goed, alles goed: toneelstuk in 5 bedrywe

Publikasiedatum

1921

ISBN

(sb)

Uitgewer

  • Pretoria: De Bussy
  • Kaapstad: HAUM

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die verlore seun: toneelspel in vyf bedrywe

Publikasiedatum

  • 1958
  • 1959
  • 1961

ISBN

(sb)

Uitgewer

Kaapstad: Nasionale Boekhandel

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 


 
Artikels oor Melt J Brink beskikbaar op die internet:

Hoofbron

Van der Westhuysen, HM. 1963. ’n Bladsy uit die ontstaansgeskiedenis van Afrikaans as skryftaal. Taalkundige opstelle van oud-studente aan prof TH le Roux. Pretoria: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, HAUM.


Bronne

  • Knipseldiens van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum


• Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.

Bygewerk: 2014-09-30
Inligting verouderd/onvolledig? Stuur 'n e-pos aan [email protected].

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top