"Meisie van Storms" deur Jaco Prinsloo

  • 0

Meisie van Storms

Eers was my ruimtes rustig
totdat ek ons liefde verloën
Nou bly my ruite deurentyd mistig
as jy al weer buite stook
aan 'n kategorie vier sikloon

Ek hoor die stilte voor die storm
Voel hoe jy aan die weer verander
Dis net die voëls wat vlug wat raas

Later al hoe meer kwater
word elke brander met tollende wolke
deur jou asem aangeblaas

Simonei, Simonei
kyk hoe woed jy rondom my
Van vulkane op oseane
tot tifone in die droë woestyn
Simonei, Simonei
jou trane in die bad
kring tsoenami branders wat my mure kom vat

Simonei, Simonei
kyk hoe woed jy rondom my
Van vulkane op oseane
tot tifone in die droë woestyn
Simonei, meisie van storms
kyk hoe vloed my horisonlyn

Ek verbeel my soms dat jy met die winde roep
maar die son het nou maande laas geskyn
Al my dae voel soos een donker nag
Nes ek dink die stormwolke tel weer op
stuur jy om die volgende hoek vir my 'n hurricane
So reën ek weer nat met die jammer wat drup van my
weerloos voor jou krag, Simonei
Meisie van storms, kyk hoe verwoestend is jy

Al kry die rampe ander vroue se name
weet ek dit was maar net jy
En ek mis jou selfs meer na al die jare
Simonei, my meisie van storms
jy met die tornado's in jou hare

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top