"Meisie met die rooi rok" deur Duane du Toit

  • 0

Meisie met die rooi rok

 
Dis Saterdagmiddag kwart oor twee
Die Stormers druk ’n drie en al die mense skree
Dis rustyd op Loftus die game is halfpad klaar
Toe kyk ek oor my skouer en wat sien ek daar

Koor

Dis die meisie, die meisie met die rooi rok
Haar bloes het ’n blom op en sy kyk vir my
Haar hare, haar lang bruin sagte hare
Mooiste girl op hierdie aarde stel belang in my
Ja dis die meisie, die meisie met die rooi rok
Die een wat so alleen loop, blaas ’n soentjie vir my

Dis laatmiddag in Bloemfontein
Ons sit op die stasie en wag vir die trein
Sy lig toe haar kop op en kyk my in die oë
Toe sê sy vir my net wat ek wil hoor

Koor x2

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top