"Meisie" deur Dries Millard

  • 0

Meisie

vreemde meisie met donker sjokolade-bruin oë
met sonlig-glimlag en mengelmoes-tong
met snaakse sêgoed wat ander verstom
met ’n soektog na iets om in te glo

effens losbandig, opwindend en vrolik
honger vir buite wees en nuwe opwinding
eenvoudige behoeftes met persoonlikheid wat sing
tog lyk dit of iets jou woorde stik

jou menswees is moeilik om te vermy
’n gesprek met jou kan die beste in enigiemand uitlok
vasgevang in jou teenwoordigheid, heeltemal geskok
besef ek, ek kort iemand soos jy aan my sy

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top