"Meer as seer" deur Ruan du Preez

  • 0

Meer as seer

Het jy al gesien dat mense sonder liefde niks is nie?
Het jy al gesien hoe leeg ons werklik is?
Jy is jonk , jy gaan nog seerkry , maar almal kry tog seer
Net liefde kan jou hart genees

Jy probeer dit wegsteek en maak asof geen opinie saak maak
maar ek sien jou trane raak
So kom sing saam, kom ons sing in stilte
Kom ons droom drome waar enige iets moontelik is, liefde
verstand en tyd sal ons leer, die lewe is meer as seer

Ons almal voel soms so, ons verloor soms ons spoor
Maar hoe jy terugkom is wat jou storie maak, onthou net altyd jy maak saak
So kom sing saam my, kom ons sing

So kom sing saam my, kom ons sing in stilte
Kom ons droom drome waar enige iets moontelik is, liefde
verstand en tyd sal ons leer, die lewe is meer as seer

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

Top