"Meer As" deur Danielle Steynvaardt

  • 0

Meer As

Jy sit by die bar
en speel jou sexy kitaar
Ek wil kom hello sê
maar jy’s omring met girls wat jou wil hê

REFREIN:
Sien jy my raak?
Ken jy my naam?
In my drome
is ons al lankal saam

Jou looks smokkel met my kop
laat my gryp na my dop
Hierdie is ? serious case
kan iemand my die pad na jou hart wys?

REFREIN

Dalk vat dit meer as net ses biere
maar ek wil saam jou kuier tot die oggend ure
Hierdie is meer as ? Afrikaanse tune
vir jou aandag sal ek enige iets doen

Toe sien jy my raak
En jy ken my naam
Is dit ? droom
of is dit ? lang lewe saam?

Jy’s more than meets the eye
Kan ons dalk Saterdag braai?
? Foto om mee te brag
ek sal jou op Facebook tag

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top