"Medisyne" deur Danie du Toit

  • 0

Medisyne

Tussen die lyne
lê die sin van myne
Onder die kussings lê dit toegevou
dronk gevoer met die groen medisyne
wat my normaal, normaal wil hou
Maar ek’s mal oor jou
Allohette
Jy’t vir my aan ’n lyn
Het jy ietsie vir die pyn?
Jou medisyne, syne, syne, syne
Jy’s my medisyne.
syne, syne, syne
Sê my is jy myne, myne, myne?
Vir jou loop ek rond
en geel blomme steel
opgevou in iets van jou
of iets wat ek verbeel
Sal jy my wys na jou kop se paradys?
Maak my net wys maar blind
Maak my soos ’n kind
Ek is ’n kind

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top