Me Caster Semenya – die einde van haar atletiekloopbaan?

  • 0

My duimsuiende vriend, Mutz Willigh, het my vertroulik meegedeel dat die 800-meter-atleet, Caster Semenya, na afloop van die Olimpiese Spele, haar sangloopbaan in alle erns gaan beoefen. Sy het reeds ’n kontrak met die bestuur van die Covent Gardens Operahuis in London gesluit om direk na haar optrede by die Spele, by bogenoemde instansie aan te sluit.

Wanneer die operaseisoen later vanjaar open, sal sy in die Covenant Gardens optree in die baritonrol van Amonasro, die koning van Ethiopië, in Verdi se opera, Aida.

Daarna sal ander baritonrolle soos Escamillo in Bizet se opera, Carmen, volg.

Volgens Mutz, het hy hierdie inligting vertroulik verkry by die voorsitter van die operahuis, Sir Alfred Port. Me Semenya het versoek dat hierdie inligting nie bekend gemaak mag word voordat sy nie haar verpligtinge by die Spele nagekom het nie. Sy is bang dat as dit bekend sou word die mediabelangstelling haar doelwit [om goud in die 800 meter te wen] negatief sal beïnvloed.

Enjee

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top