Maya ou skattie

  • 0

Leef maar met my gay skrywes of “give it a miss”, want ek gaan nog baie meer in die gay trant hier op SêNet skrywe. Terloops ek het nie gesê die meeste straight mans het ’n gay klap weg nie. In my duimsuig-statistiek (ek kon ook ’n ander suig-statistiek genoem het wat ’n meer akkurate statistiese weergawe sou gewees het), het ek genoem dat omtrent 30% van alle gays (nie die hele manlike bevolking nie) is met vrouens getroud.

Nou die algemene aanvaarde statistiek vir die hele manlike bevolking van die land is 5% is gay. Nou ek weet nie hoe groot jou kop is nie, maar die brein blyk bra klein daarin te wees dat jy in my brief lees dat 30% van 5% ’n meerderheid straight mans uitmaak.

Terloops. Jy gee jouself weg met jou wanpersepsie wat gay behels, nl dat almal met gepoleerde naels rondloop. Ek verseker jou, kry jy my op straat of selfs in jou gesprek-sirkel, sal jy nie eers agterkom ek is gay nie, nie om dit te prober verberg nie, want ek is te uitgesproke daarvoor.

Ek is nie net gay nie, ek is ook ’n uitgesproke slet. Ek handhaaf geen seksuele standaarde nie, behalwe wat my oog opval en my eroties prikkel.

En glo dit of nie, party vrouens kry dit ook reg.

Jaco Fourie 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top