Maya – die doel van betekenis van wensdenkery van die lewe

  • 0

Hier druk ek my lepel in die pot wat lyk of dit al ’n rukkie aan die kook is.

Dit klink of jy die doel van die lewe en ’n geloof in daardie doel, wat dit ook al mag wees, as ’n gegewe neem (?). ’n Spirituele benadering tot die lewe, en spekulasie oor wat na ons dood gebeur met ons, kan dan gesien word as die vervulling van so ’n doel, alhoewel die daaglikse uitlewing van jouself nie niks te doen het met hierdie doel nie en tog sekerlik betekenisvol kan wees. In hierdie daaglikse uitlewing van ’n "doel" sou jy nader beweeg aan die materialistiese uitkyk op die lewe, maar sou die woord "betekenis" dalk beter wees as die woord "doel".

Ek stem saam met jou dat geloof "’n tipe beskerming teen die onbekende, dit wat jy nie kan verstaan of verduidelik nie" kan wees en selfs ’n gevoel van beskerming kan bied, maar dan moet jy dit waaraan jy glo, ten spyte van die feit dat jy dit nie kan verstaan, verduidelik of sintuiglik ervaar nie, kan glo. Is geloof in betekenis, of as jy sou aandring daarop, die doel van die lewe, dan nie maar net wensdenkery nie?

Dat die son sal opkom elke dag en dat iets af sal val sonder ondersteuning is dinge waaraan ons almal glo, maar dit is nie heeltemal dieselfde geloof as die wat die gode van ons verwag nie. Betekenis is moeilik om te kry sou jy dit gaan soek op plekke waarin jy nie glo nie en wat waarskynlik nie bestaan nie. Dis egter ewe moeilik in hierdie wêreld waarin ons leef om betekenis te vind sonder om hoop/wense in te laat. Sonder geloof in betekenis en ’n doel sou dit moeilik wees om elke oggend op te staan. ’n Gelukkige lewe kom nie van self nie, dit moet nagestreef word, moet betekenis kan gee en dit bring jou terug by hoop, en dit is dalk wensdenkery. Wensdenkery of doel in die lewe of betekenis in die lewe is ’n mengsel wat deel is van ons geaardheid. ’n Dryfveer van ewolusie wat baie vermag, maar nie noodwendig waar is nie.

Mooibly

Gilgamesh

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top