"Markdown" deur Nini Bennett

  • 0

Markdown

Armes eet gister se brood
brood van herinnering
en rykes, warmes pas uit die oond

En party sê ’n brood is ’n brood is ’n brood

Ek sien uit na die markdown
van elke dag
ek eet genadebrood

En  verdriet se rakleeftyd is lank

My brood is klam gemuf
kyk, my ou brood haal asem
maar môre wag daar weer ’n markdown

Dan eet ek  gister se brood van herinnering

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top