Marina Tsvetajeva skryf

  • 1

Marina Tsvetajeva (foto: Pyotr Ivanovich Shumov – Wikimedia Commonns)

steenkool    gas    elektrisiteit
die melkman    die bakker
vreet ons op

laat weet Marina uit Parys

vir maande al eet ons
nou perdevleis
ook net die goedkoopste snitte – 

alles wat jy kry vir drie frank vyftig die pond –
natuurlik    die hart    die lewer    die niere –    
eerder as die vleis
teen sewe, agt frank die pond

my man geniet dit en sê jitte –   
dís my skakel met Djengis Khan

Uit ’n brief van Marina Tsvetajeva aan ’n vriendin in Rusland, 21/2/1927, in Marina Tsvetayeva (1989) deur Elaine Feinstein

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top