Marikana: Word die Sangoma ook aangekla?

  • 1

Die Sangoma kan tog seker gesien word as ’n medepligtige, dan nie? Hy het blykbaar moeti aan die myners verskaf wat hulle onsigbaar sou maak, of immuun teen die polisie se koeëls, of iets dergliks. Daardeur het hy hulle aangemoedig of aangehits om die polisie aan te val, indien daar dan wel so ’n aanval was.

Waarom hoor ’n mens nie dat hy ook aangekla word nie? Is die polisie bang vir Sangomas? Dit mag wel die geval wees, want baie swart mense beskou steeds die "toordokters" met groot ontsag.

Iemand moet tog ingaan op die saak om te verseker dat die reg nie laat slaplê nie.

Groete,

Varkspek

  • 1

Kommentaar

  • Varkspek, hoe kan die toordokter nou aangekla word?  Sy medisyne het bloot nie gewerk nie, iets wat met baie gewone dokters taamlik gereeld gebeur.  As hy willens en wetens muti verskaf het wat hy geweet het nie gaan werk nie is hy skuldig aan bedrog.  Dit is egter 'n ope vraag of die toordokter aanspreeklik gehou kan word as honderde mense glo hulle gaan van sy medisyne onsigbaar word.  Hy kan ook net sê hy het waarlik geglo sy medisyne gaan werk net soos honderde ander mense ook so geglo het; wie kan hom verkeerd bewys?

    Nee, hierdie hele storie is die gevolg van ontoereikende bestuur, nie net die myn en die vakbonde nie maar die hele landsadministrasie.  Hierdie storie kom 'n lang pad.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top