(Mam)parawetenskappe

  • 0

Hello

Jim Diamond oorlede man van Nigella Lawson het dit teen kwaksalwers gehad en het in die periode voor sy afsterwe geskryf oor die vergrype gepleeg deur hierdie kwaksalwers en die goedgelowigheid van die wat val daarvoor. In die konteks daarvan het hy uiteindelik tot die slotsom gekom dat daar nie gepraat kan word van alternatiewe medisyne nie, aangesien medisyne as dit werk, gewoon, net medisyne is.

In die lig daarvan kan daar nie aangevoer word dat parawetenskap, wetenskap is nie. Dit is wetenskaplik of dit is nie, dit kan definitief nie as ’n geesteswetenskap beskou word nie. Pseudowetenskaplik wel, maar dit is ’n ander giftigheid wat met wortel en tak uitgekap moet word.

Die verskil tussen wetenskap en pseudowetenskap is radikaal en ry die pseudowetenskaplike op die rug van die werklike wetenskaplike en probeer daarmee die skyn van geloofwaardigheid hulself eien. Spontane evolusie is so ’n voorbeeld. ’n Stukke moontlike geldige kennis verdwerg onder die komposhoop van leuens.

Wetenskap wanneer dit nie deur die praktisyns van parawetenskappe en pseudowetenskappe bedryf word nie, is ’n oop sisteem en maak aanspraak op bewyse en poog om bevestigbare afleidings gebaseer op spesifieke waarneming gemaak daar te stel. Die uiteinde argumente wat geformuleer word is sensitief vir die bevindinge en word daarvolgens gevorm en omvorm.

Vergelyk dit egter met die pseudowetenskap, die parawetenskap, ’n enkele misleiding, dan is die verskil dat hierdie pseudowentenskap is eintlik ’n geslote sisteem wat gebou is op doktrine, ’n veronderstelling onafhanklik van hoe die werklikheid werklik is, daarna moet uitsien.

Die volgende sal ’n voorbeeld hiervan wees, soos byvoorbeeld teleportasie en voodoo in Kobus se brief.

Sterkte aan die wat sou poog om teleportasie en voodoo te probeer toets, aangesien dit juis bevestig dat die veronderstelde kennis bestaan alreeds en is nie ontdek nie.

Ander voorbeelde sal ook verwys na VVV, astrologie, auras en die berugte mediums, die wat kan uitreik na die anderkant, gereeld op die TV hier en oorsee en nuus bring van die dooies.

In verband met VVV's kan daar byvoorbeeld verwys word na Henn se beskrywing daarvan aan die hand van Esegiël verklaar. Die geslote sisteem van pseudowetenskap teer op die geslote sisteem van die Bybel.

Weereens ’n aanduiding daarvan dat kennis van die verskynsel bestaan apart vanaf ’n moontlike ontdekking daarvan soos ontdekking en ontleding geskied in wetenskap.

VVV's, teleportasie, voodoo, astrologie, mediums kan nie vasgepen word deur wetenskap nie, aangesien dit "just so stories" is net soos die aanvaarde definisie van die geesteswetenskap nie ’n hofie, parawetenskap het nie en hierdie beweringe daaronder klassifiseer kan word nie.

Baie dankie

Wouter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top