"Mammon en die mens " deur Elardus Duvenage

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Welkom op planeet aarde
Belasting op toegevoegde waarde
Goud en olie is ons rykdom
Die voedingsaar van die mensdom
Stoor informasie op eksterne geheue
So vat ons alles sonder om te gee

Refrein:
Ons bestaan in plaas van lewe
Ek vra U net ‘n bietjie raad
Antwoord asseblief my gebede
Wellus vir geld is ons geaard
Ek wens ons kan verander
Dalk sal ons vrede kry

Welkom by die doderyk
Geen plek vir barmhartigheid
Ons sloof ons af vir mammon
Bou op klei ons Babilon
Die mens is oneindig slim
Maar sy grypsug bly oorwin

Refrein

Plastiek-Politiek:
Swipe jou klok-kaart by die werk!

Naief-Negatief:
Spandeer minder tyd in die kerk!

Kantoor-Karsinoom:
Die kanker is net te sterk!

Refrein

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top