Mamma

  • 2

Foto: Canva

Mamma

uit die Greyhound
het jy geklim
jaar na jaar
by Kaapstadstasie

jou tas vol
perskejêm
semelbeskuit
sterretjiekoekies met
hundreds en thousands

nou is jou reise verby

en jou koekblikke
staan leeg
op my kombuiskas

  • 2

Kommentaar

  • Dankie. Kan my so vereenselwig met hierdie belewenis, hierdie herinnering en gemis.
    Danie Botha

  • Jonine von Wielligh

    Treffende gedig. Die onvermydelike, pynlike sirkel van die lewe waaraan ons nooit gewoond sal raak nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top