"Mal oor jou" deur Jacobus Engelbrecht

  • 0

Mal oor jou

Ek sweet, die dag is lank, my hart is seer
Jy moet weet dat ek aan jou dink
Ek wag al ure vir jou sms
want ek het in jou oë verdrink
Jy wil hê dat ek agter jou moet aanloop
Dit voel asof ek jou moet smeek
Kan jy nie sien dat ek lief is vir jou?
Hou net op om my hart te breek

REFREIN:
Ek wil jou sê ek is baie mal oor jou
En ek wil jou sê dat jy maak my mal
Ek wil jou se ek wil jou nooit weer sien
Maar ek het ongelukkig vir jou geval

Ek smeek, ek probeer, ek vra so mooi.
om net iets uit jou te kry
In een oomblik gaan die kwaad weg
as jy, styf sit teen my
Is daar medisyne vir my swakke hart
as jy hom op en af laat ry
Die een dag maak jy my so woedend
die ander dag maak jy my so bly

REFREIN

BRUG:
Jy gaan op en ek gaan af
Jy gaan links, ek gaan regs
Ek word kwaad, jy maak my bly
Dit moet reg of jy moet weg

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top