Maklike oerknal! – vir Panda

  • 0

Oerknal: Stoom, Water, Ys. Dus faseveranderings vanaf warm plasma na kouer vorms van materie, en dit sal weer gebeur. Die oerknal is regtig so eenvoudig. Jy laat self elke dag oerknal-tipe prosesse in jou kombuis plaasvind.

Maak nie saak hoe ingewikkeld Westerse wetenskaplikes en wiskundiges die oerknal en heelal laat lyk nie, ingenieurs wys al vir etlike dekades aan hulle uit dat dit presies soos faseveranderings, termodinamika, en vloeistofbewegings in jou kombuis lyk.

Skeppingsverhaal:

Skeiding op dag 1 en lewe van dag 4 gaan saam.
Skeiding op dag 2 en lewe van dag 5 gaan saam.
Skeiding op dag 3 en lewe van dag 6 gaan saam.
Die skeppingsverhaal is regtig so eenvoudig, en word ’n parallelle drietal genoem.

My punt is Panda, jy het gister ’n pragtige skrywe gepos, met fantastiese foto’s, maar jy moenie dink jy kan nie die oerknal of skeppingsverhaal verstaan nie.

As jy op laerskool was soos ons intelligente staatspresident met sy puik politieke instink, dan kan jy dit mos ook verstaan.

Groete

Ran Doodt

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top