"Maklik" deur Nerisha Massyn

  • 0

Maklik

Maklik hoe ? bietjie dou op my voorkop
die wêreld kan stop
En ek vir ? oomblik ? gevoel het van vry
Dis in hierdie gaping waar ek wil bly
Aanvallend, absoluut, aanvanklik aansienlik geniet
In my agterkop weet ek dis als verniet

Want in die jaagtog van die lewe verloor jy soms die strewe
Die skoonheid van wit mis oor donkerste water
los my met die oortuiging dat die wêreld kan wag tot later

Verlore strepies op die foon los my uiteindelik rustig en skoon
van leuens en vernedering, die plek sal vir my ? ware lied bring
Die getik van reën op die sinkdak steel my noodwendige vrees
van ? wêreld wat op my insak en dis hier waar my hart glimlag

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top