
Foto: Canva
Make-up
Oor die horison
Voordat ek weer ek was
Die pienk op my lippe was
’n ander mens se stem
Wat stiller was
Stiller as die uitroepe wat ek was
Die pienk op my ooglede
Was ’n ander mens se droom
Wat kleiner was
Kleiner as die berge
Op my skouers was
Die pienk op my vingers
Was ’n ander se gebed
Eentonig
Wat soebat was
Die pienk op my wang
Was ’n ander se geluk
Skynheilige strewe
Dis wat die ander ek was
Voor ek my kon afdop
Uitstrek
Klou aan jou
Oor die horison

