Major tot ’n minor 
Van ’n major tot ’n minor
Van ’n 5-ster-hotel tot ’n middelklas diner.
Van jou grootste begeerte
Tot my siel se dood en ’n helse leemte.
Sonder hoop, sonder vrede,
Minder woorde, meer gebede,
Van jou enigste opsie
Tot my brose liggaam se koue outopsie.
Koor:
Ek wou vir jou sing in ’n major akkoord,
Want soos die harmonieë in ’n melodie het my hart by jou gehoort
Maar die kruise en molle kom soms onverwags,
Nou’s ek die minor en my liedjie ’n bietjie onvanpas.
Van ’n naweek tot ’n dag,
Van onmiddellik tot ’n ewige wag.
Van jou sielsgenoot
Tot net nog ’n pel.
Ek wens jy’t geweet hoe graag ek wil bel.
Van ’n comment tot ’n like
Van ’n luxury kar tot ’n papwiel-bike
Van hoop na bid na skree na vra
Van weier om te glo, na leer om te verdra.
Koor:
Ek wou vir jou sing in ’n major akkoord,
Want soos die harmonieë in ’n melodie het my hart by jou gehoort
Maar die kruise en molle kom soms onverwags,
Nou’s ek die minor en my liedjie onvanpas.
Ek wou vir jou sing in ’n major akkoord,
Want soos die harmonieë in ’n melodie het my hart by jou gehoort
Maar die kruise en molle kom soms onverwags,
Nou’s ek die minor en my liedjie onvanpas.
![]() |