Op my brief “Madiba is besig om ons te verlaat …” (27 Junie) reageer Enjee met:
Die storie is besig om in 'n Madiba-sirkus te ontaard. Die media is besig om dit groter en belangriker voor te stel as wat dit is. 'n Mens [seker een van duisende, net in ons land] is besig om te sterf. Massa-histerie is hier aan die orde.
Enjee, waar val jy uit? As jy enige kennis dra van massa histerie rondom Mandela se siekte vertel ons asseblief in besonderhede hiervan want ons is onbewus daarvan.
George

