"Madelief" deur Kobie Coetzee

  • 0

Madelief

Madeliefie meisie
Madelief, ons speel
Jy's my Madelief-oranje
Jy’s my Madeliefie-geel
Madeliefie-liefde
Madeliefie-mooi
Madelief, jy's myne
Jy's my Madeliefie-nooi

Maar eendag moes sy weggaan
en soos Madeliefies kwyn
word sy hoop al hoe minder, meer die pyn.
Sal jy ooit eendag terugkom?
Sal ons liefde ooit weer blom?
Sal die helder Madeliefie-son weer skyn?

Madeliefie-hartseer
Madeliefie-pyn
Madelief -verlange
Waar's die Madeliefies fyn?
Madeliefie wanhoop
Madelief, kom t'rug
waarheen kan my tolbos-denke
sonder Madeliefies vlug?

Maar hy moes mos onthou het - elke jaar kom hul terug:
plate Madeliefies rante uit tot bo
Toe hy opkyk uit sy hartseer staan sy Madeliefie daar
met 'n Madeliefie-glimlag in haar oë

Madeliefie-vreugde
Madelief-geluk
Nou kan ons weer armsvol sonskyn
tussen Madeliefies pluk
Madelief-oranje
Madeliefie-geel
Nooit laat ek jou ooit weer gaan nie
Jy's my Madeliefie-deel!

 

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top