Titel: Maanschijnbaai: Jo en Sue
Skrywer: Chanette Paul
Kategorie: Fiksie: Algemene fiksie
Formaat: Sagteband: 129 mm x 198 mm
ISBN: 9780799355420
Ontmoet die Calitze: vier uiteenlopende vroue, elkeen in ’n ander lewensfase, elkeen met haar eie geite en ’n verlede – met ’n hoofletter V.
Die Maanschijnbaaiers sit behoorlik regop toe die Calitz-vroue die dorpie in oorlede Casper se pienk Cadillac binnevaar. As dit maar al was. Casper het egter sy afskuwelike turkoois kasarm ook aan hulle bemaak. Die M-baaiers glo dit moet platgeslaan word, maar vir die Calitze kan dit dalk net uitkoms bied.
As hulle die kasarm leefbaar maak, kan hulle dalk die onlangse verlede ontvlug. Jo kan ’n verhouding wat haar finansieel en emosioneel geruïneer het, verwerk. Sue kan ontsnap aan al haar eks-lovers. Nan kan oor die skok kom dat sy afgelê is. En Jeannie kan wegkom van die Maidens of Sappho.
Maar op Maanschijnbaai haal die verre verlede hulle in. Want daar is iemand wat reken Casper se erfenis kom die Calitz-dames nie toe nie.
Koop Maanschijnbaai: Jo en Sue by toonaangewende handelaars of direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za



