Maai ‘o Maya

  • 0

Liewe Maya

Lekker aan jou brief gelees, moet sê ek geniet hulle nogal, ten minste die aan my persoonlik gerig, selfs met die kloue ontbloot!

Wel. Elkeen na sy / haar eie smaak wat hom / haar prikkel. Dit wil vir my voorkom jy hou van formaliteit en detail (kan “boring” wees). Die gesondheids-sertifikaat wat eers getoon moet word, is ’n definitiewe “turnoff”.

Ek weer hou van verskeidenheid. Die voorvereiste is dat die lyf nie ’n sweem vet op moet hê nie, verkieslik ’n “gym”-ontwikkelde een; ’n harde “bubble bum” ’n bonus. Omrede ek meer as genoeg het, is ek nie ’n “size queen” nie, so ’n kleine sal my nie afsit nie. Waar die persoon beide persoonlikheid en ’n helder en skerp brein het, sal ek eers lank in ’n restourant saam met hom kuier, selfs daarna gaan “fliek” alvorens ons na my of sy plek toe gaan om alles af te rond. Indien die persoon aan my fisiese vereistes voldoen, maar het nie veel tussen die ore nie, ontmoedig ek gesprek, en dadelik in die bed, waar my fantasie opmaak vir sy tekorte, en ek die lyf volgens my “bliss” manipuleer. Ek maak ook seker dat ek altyd in beheer is van elke situasie om die erotika na my wense te manipuleer.

“Cheapskate!” Die etikette doen niks vir my nie. Ek het eerstehandse ondervinding van alle vorms van erotika. Dis hoekom ek nie skaam is om te erken ek is ’n slet nie. Wanneer ek met die persoon klaar is, verseker ek jou wil hy weer terugkom. In die meeste gevalle, is die gevoel nie wederkerig nie. Ek weet hoe om elke sintuig (nie net die “pubes”) in sy liggaam tot die hoogste punt van prikkeling te bring wat die persoon in ekstase amper flou maak, waar ’n man soos ’n vrou in ekstase begin heul.

Seks bly lekkerder as die politiek. Ek sal dit beslis mis wanneer ouderdom in die toekoms dit onmoontlik maak.

Terloops. Naellak sal nie vullis onder die naels versteek nie.

Wees gegroet

Jaco Fourie

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top