MA in Kreatiewe Skryfkuns by die Universiteit van die Vrystaat

  • 0

(Aspirant)-skrywer, -digter of literêre vertaler?

Die UV bied aan jou ’n kursus waarvan die vernaamste oogmerk die ontwikkeling van ’n lewensvatbare publiseerbare manuskrip is – en jy doen dit onder leiding van twee bekroonde skrywers, Henning Pieterse en Francois Smith. Dit is ook ’n volledig akademiese kursus waarvoor kandidate teoretiese modules op magistervlak moet slaag. Die gestruktureerde aard van die kursus maak dit moontlik dat dit gevolg kan word deur kandidate sonder ’n volledige honneurskwalifikasie in tale.

Die kursus strek oor twee jaar, waarvan die eerste jaar hoofsaaklik gewy word aan ’n toegepaste teoretiese begronding (’n kursus in literêre stilistiek en ’n navorsingskomponent) en die tweede jaar aan die skryfpraktyk, dit wil sê die afronding van ’n manuskrip gedurende interaktiewe werksessies.

Die fokus van die gestruktureerde MA is oorspronklike literêre skryfwerk en literêre vertaling, en tekste in enige genre mag aangebied word, fiksie sowel as niefiksie, populêr sowel as literêr, prosa sowel as drama en poësie.

Die kursus word in werksessieformaat op kampus aangebied.

Volledige inligting oor onder meer keuring, registrasie en voorvereistes is te kry by https://www.ufs.ac.za/afrikaans-and-dutch-german-and-french/af/afrikaans-en-nederlands-duits-en-frans/akademiese-inligting/ma-in-kreatiewe-skryfkuns, of stuur ’n e-pos aan een van die volgende adresse: smithfah@ufs.ac.za, pietersehj@ufs.ac.za of meiringi@ufs.ac.za.

Die sluitingsdatum vir aansoeke vir studie in 2019: 30 Oktober 2018.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top