Lullaby vir grootmense
Ek sien 'n aasvoël draai
Hy loer na my goed
Dis soos goud vir 'n kraai
niks proe meer soet
Ek hoor 'n hiëna lag
Dis lig maar dis nag
Pappa, wie's die oom wat my goeters vat?
Sal pappa hom nie kan slat?
Mamma, waantoe gaan my bed?
Sal ons vir sussie kan red?
REFREIN:
Sjoe, sjoe, maak jou ogies toe
Gaan speel maar weer
Dis net die balju oe-oe
Pappa. wie's die oom wat ons goed oplaai?
Waarop sal ek dan morê swaai?
Mamma, moenie huil
ek sal my spaarbussie bring
Pappa, moenie vloek
ons sal vir die ooms 'n liedjie sing
REFREIN
Nuwe bure nooi ons vir 'n braai
Ek lees die opskrifte: bankrot
Ken die foto daarop
Daar’s nie geld vir aartappelslaai
Ek ruik daai einste rot
Pappa, gaan die oom die goed terugbring?
Mamma, vat hy die pophuis net vir 'n spin?
Sjoe, sjoe pappa, maak jou ogies toe
Gaan slaap weer soet
Sjoe, sjoe
Kruip hier by my in
Sjoe, sjoe
Dis net 'n nuwe begin


