Luipaardsvlei-stortingsterrein

  • 0

’n Kantoorstoel wat eenkant
wag op wedergeboorte,
van vroeër se wolke versoen
in diep modderige spore
meter vir meter bo seevlak.
Ook ’n skoorsteenveër wat
onder malende meeue profiteer,
sy stowwerige veredos ’n geketter
ten hemele grys en wit pluim.
Naas ’n man met ’n globe plastiek
op sy kop, ek, wat die Ford se
onklaar starter aan ’n ander bedien
en soos beelde uit ’n asdrom dop
’n derde palm op palm bak vir ghwai
met ’n tiksel Best Blend stop.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top